Bride&co se nuwe Bridal Hire Bruids-reeks

Bride&co stel bekend Bridal Hire vir trourokke wat nie die begroting sal ruk nie.  Baie moderne bruide is gretig om net een belofte op hul troudag te maak.  Dit is die een aan hul lewensmaat.  Om ‘n rok te kies en dan nog sy stoor, skoonmaak en instandhouding te hanteer. Dit kan voel soos een teveel ekstra takie vir jou groot dag.

CWG700

WG3830

Meer oor Bridal Hire:


Suid-Afrika se geliefde een stop trou-en-aanddrag winkel, wat in 2008 sy deure oopgemaak het, bied nou ‘n verhurings opsie, genaamd Bridal Hire.  Bruide kan hul droom trourok vind wat perfek by jou hul dag sal pas.  Alhoewel dit ‘n eerste is vir die voorste bruidsboetiek, kan voornemende bruide nogsteeds verseker wees van die top klas glans, kwaliteit en diens.

Bride&co het een stap vêrder gegaan met die bekendstelling van sy nuwe verhuringsreeks. Dit is ‘n unieke aanbod wat bestaan uit nege fyn geselekteerde en saamgestelde style.  Die verhuringsreeks sluit in bal-rokke wat geskik is vir prinsesbruide. Slanke meermin en trompetsilhouette vir elegante, moderne bruide. Sowel as vleiende A-lyn ontwerpe vir klassieke bruide.  Dit is alles beskikbaar in ‘n verskeidenheid van weelderige materiale.

Die rokke is afgerond met fyn besonderhede soos krale- en kantwerk. Sluiers, onderrokke en kant bolero’s, wat ook te huur is, is beskikbaar as bykomstighede vir jou trokrok. Die rokke word in groottes 2 – 18 aangebied.  Dit verseker dat elke bruid op haar groot dag spesiaal sal kan voel. Aangesien elke rok in die verhuringsreeks uniek is, wissel die prys van rokke tussen R4 000 en R10 000, afhangende van dei rok wat gekies is.

WG3800

WG3839

WG3837

Waar kan jy trourokke huur?


Tans is die verhuringsreeks te sien op die Bride&co  webwerf asook by sewe winkeltakke, naamlik: Rivonia, Boksburg, Parkview (Garsfontein) in Gauteng, Canal Walk in die Wes-Kaap, Nelspruit, Mpumalanga, The Crescent, Umhlanga in KwaZulu-Natal en Bloemfontein in die  Vrystaat.

Die huur proses:


Om ‘n trourok te huur by Bride&co se verhurings afdeling, kan toekomstige bruide aanlyn of per telefoon oproep ‘n afspraak maak vir ‘n gratis aanpas sessie. Sodra hulle hul ideale rok uit die versameling gekies het, is ‘n deposito van 25% nodig om die bespreking te verseker.

Twee weke voordat ‘n rok opgetel kan word, sal ‘n kundige in-huis naaldwerkster hul afmetings neem en veranderinge aanbring om te verseker die trourok pas perfek. ‘n Finale aanpas sessie vind plaas twee dae voor die troue wanneer die rok deur die client kom haal word en twee dae na die troudag kan die rok aan Bride&co terugbesorg word.

V3801

WPD21504-B

WG3829

Meer inligting:


Om ‘n deelnemende tak te vind en die verhurings reeks te sien,  klik hier om hulle webtuiste te besoek of volg hulle op hulle verskillende sosiale media platvorms: Pinterest, Instagram, Facebook en Twitter. Vir nou kan jy hulle reeks onder sien.

MK3747


Let wel: Die profiel foto wat gebruik was is slegs vir illustrasiedoeleindes.  Dit is nie noodwendig deel van die rokke wat te huur is nie.