Beplan Jou Troue 5 Van 12

Ons het verlede maand die vierde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand vyf van twaalf.  Met ander woorde sewe maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Versekering
  • Gastelys
  • Bestemming van jou troue?
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het

BOEK JOU FOTOGRAAF EN VIDEOGRAAF:

Teen die tyd moes jy al na ‘n hele paar verskillende fotograwe en videograwe gekyk het en hul ontmoet het om sodoende te weet presies wie jy wil hê.  As jy nog nie jou fotograaf en/of videograaf geboek het nie, is dit nou die tyd om te doen.


SPYSENIERING:

Dit is nou die perfekte tyd om jou spysenering vir die troue se spyskaart te begin beplan.  Maak seker jy proe al die verskillende spyskaart opsies by jou kortlys van spyseniers.  Dit sal jou ‘n beter idee gee van presies wie jy wil hê vir jou troudag.  Verskillende spyseniers het verskillende spesialiteite, so gaan met iets wat jy weet meeste van jou gaste van sal hou. Onthou: Jy kan nie al jou gaste gelukkig hou nie en daar sal altyd ‘n gas of drie wees wat nie tevrede gaan wees met die kos.


BOEK JOU TROU AMPTENAAR

‘n Trou amptenaar is die persoon wat jou gaan trou, so dit kan ‘n dominee, predikant, priester of ‘n geregistreerde trou offisier wees.  As jy nog nie een geboek het nie, is dit nou die tyd om een te boek. Maak seker jy kom goed oor die weg met die persoon en dat hy/sy vir jou die nodige informasie gee van papier werk wat julle sal benodig, indien julle die trou register wil teken op die dag van die troue.  Daar is ook verskillende tiepe boodskappe wat die trou amptenaar kan lewer op die troudag.  Is jy opsoek na iets gelowig of meer spiritueel?  Wil jy glad nie geloof insluit in jou trou boodskap nie?  Dit is alles besluite wat verskil van een paartjie tot ‘n ander en dit is die paartjie se besluit om te neem.  Klik hier om meer te lees oor jou trou offisier.


BELIGTING EN ELEKTRIESE BENODIGDHEDE:

Dit mag dalk klink na iets waaraan jy nog nooit gedink het nie, maar dit speel wel ‘n baie groot rol wanneer dit kom by die troue se beplanning.  Beligting (nie kerse nie) skep ‘n fantastiese atmosfeer by ‘n troue as dit reg gedoen word.  Daar is ook verskillende tiepe beligting vir verskillende dele van jou troue.  Beligting kan ook deel maak van die dekor en kan jou dekor heeltemal laat anders lyk as jy die regte beligting spesialiste inkry.  Elektriese benodighede speel ook ‘n baie groot rol en is verskil van troue tot troue.  Dit hang af of jy ‘n binne of buite troue het en ook of jy wel in ‘n area trou waar daar krag is.


GRIMERING EN HARE:

Begin kyk na verskillende grimering en haar style vir jou troue.  Sodra jy weet wat jy opsoek is na, kan jy begin soek vir stiliste wat in daardie styl of soort styl spesialiseer.  Onthou, nie enige grimering- en haarstilis kan enige styl doen nie, dit hang af van die persoon se kundigheid in die bedryf.  Indien jy iemand boek, maak seker jy gaan vir jou proef  lank genoeg voor die tyd, indien daar iets is waarvan jy nie hou, dat jy dit kan aanspreek met jou stilis en julle dit saam kan verander voor die dag van jou troue.

Moet asseblief nie die proef as ‘n gratis verlowing fotosessie grimering sessie sien nie.  Dit is ‘n proef vir jou troue en ‘n oefensessie.  Dit sal ook vir jou verloofde dan ‘n idee gee hoe jy moontlik sal lyk op julle troudag.  Moet nie die verrassing bederf nie.


BOEK JOU WITTEBROOD:

Die punt is waar die bruidegom intree en teen die tyd moes hy al begin kyk het na al julle verskillende wittebrood opsies en besluit geneem het watter opsie hy vir julle wil neem.  Dit is altyd beter om jul wittebrood vroegtydig te boek.  Dit maak dit soveel makliker om jul wittebrood meer in detail te begin beplan en opgewonde te raak daaroor.

Die bruid kan ook betrokke wees by die besluitneming van die wittebrood.  So dit is nou die tyd om te op te volg by jou aanstaande of die reëlings gefinaliseer is of self seker te maak.  Dit sal jou ook help om te weet hoe lank verlof jy moet insit by jou werk.


BOEK VERBLYF:

Julle is nie die enigste paartjie wat in die venue se omliggende area gaan trou nie.  Maak seker jy begin nou jou verblyf te boek vir gaste of te wel die gaste wat julle voor gaan betaal.  Dit is belangrik om nou al te boek, sodat jy verseker is jy bevestig die verblyf van jou keuse.

Goeie verblyf gaan baie vinnig vol geboek word.  Maak seker jy betaal jou deposito’s en lees die termes en bepalings as jy boek. Maak ook seker jy kry ‘n bevestiging.

Lees volgende maand oor maand 6 se aftiklys.


Artikel Krediet: