Benji & Nanine se mooi eenvoudige troue

Die talentvolle Vrystaat trou fotograaf  Tania Allen Photography het die mooi troue op kamera vasgevang en ons is trots om dit met ons Mooi Troues lesers te deel.

Die troue se styl van Benji en Nanine het hul persoonlike uitgebeeld en Nanine vertel ons dat hul eenvoudige mense is en hou van natuurlike dinge.  Die dekor van die troue vas eenvoudig tog elegant.  Nanine en haar bruidsmeisies se handewerk is ook te sien in die dekor.

Benji en Nanine se troue het hul R220 000 gekos en hul verduidelik watter aspekte hul begroting opgejaag het.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet op ‘n koue winternag in Junie 2013.  Hy het ‘n warm vlam in my hart kom opspring met sy sjarme en spotterig, spontane persoonlikheid wat niemand kon miskyk nie.  Die lang blonde man met blou groen oë het vinnig geselsies met my kom gesels.  Dit was vir my so opvallend dat hy gemaklik is in sy eie vel en weet wat hy wil hê in die lewe en boonop kon hy nog lekker vas dans ook.

Wat my na haar aangetrek het op ons eerste ontmoeting was haar mooi gesiggie met haar groot groen oë en haar aanloklike persoonlikheid wat lag vir my simpel grappies.  Ek kon die donker kop nie uit my kop uitkry nie, ek meen sy was eenvoudig en ek hou daarvan.  Ek het haar op Facebook gaan opsoek en so het ons liefdesverhaal begin.

Wat was jul inspirasie vir die styl van jul troue?


Die styl van ons troue was Rustiek en die kleure was: wit, grys, ment en bloos pienk.  Ek is mal oor sagte kleure en die kombinasie het my weerspieël.  Die inspirasie het ons gekry van die trou venue wat eg plaaserig is in natuur tussen Clarens se berge.

Ons is albei eenvoudige mense wat hou van natuurlike dinge soos hout.  Die lang rye tafels het verskillende dekor op gehad- een ry met kant en hoogte en die ander met streep lopers en lanterns.  Die dekor is eenvoudig, maar tog elegant gewees.  Ons het gebruik gemaak van bottels, blikkies, kerse as beligting, blompatrone en blomme wat die Bruid se unieke styl weerkaats.  Die blomme muur wat agter die bruidstafel opgehang was, is self gevoude papier blomme wat die bruid en haar meisies self gevou het.

Vertel ons van jul wittebrood?


Ons was op wittebrood in Muscat, Oman- in die Verenigde Arabiese Emirate vir 16 dae.  ‘n Weggesteekte stukkie paradys, met ‘n ryke kultuur en geurige kossoorte.  Die eerste vyf dae was ons by ‘n Idilliese oord: Shangri-La Barr Al Jissah in die Al Waha Hotel.  Hierdie hotel is op die punt van Oman se seekus.

Terwyl ons Muscat gaan toer het, het ons in die Woestyn Bundu Bashing gedoen het (4×4 rut bo op die reuse duine), by Badwin’s (Nomade) gaan koffie drink in hulle huisies bo op die woestyn, kamele gery het en die woestyn sonsondergang beleef het bo op ‘n duin.

Ons het langs die strand by Al Siffa gekamp.

In Al Wadi loop die rivier  met ‘n versteekte grot en waterval met potblou water.  Ons het van 7m en 12m hange afgespring het in die suiwer skoon water in en snorkel ervaring met ‘n bootrit

Daar het ons ook Moskee besoek.

Advies wat julle vir paartjies kan gee wat nog besig is om hul troue te beplan?


Spaar, spaar, spaar- al die klein dingetjies kom altyd op die laaste nippertjie waarvan mens vergeet.

Trou so na as moontlik aan jou tuisdorp en familie en vriende- dit gaan jou baie geld spaar in terme van akkommodasie en reiskostes.  Dit het ons begroting baie opgejaag en was moeilik om rekord te hou van alles.

Wat was julle begroting vir jul troue?


Ons het min of meer begroot dat ons troue R200 000 sou kos en die troue het R220 000 gekos op die ou einde, omdat ons ‘n bestemming troue gehad het, het dit ons begroting aansienlik opgejaag.  Die meeste verskaffers was ingevoer van Bloemfontein af – ekstra petrol en akkommodasie moes dus gereël word.  Plus ons het meeste dekor ook ekstra by gehuur en sommiges self gemaak.

Diensverskaffers: