Hanrich & Liezl se mooi troue by Rhebokskloof

Die venue Rhebokskloof Wynlandgoed in die Paarl, Wes-Kaap is ‘n verskriklike mooi venue soos julself in die fotos onder sal sien.  Hanrich en Liezl het hul onthaal onder ‘n markies tent gehou ideaal vir ‘n Somer troue.


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Dis eintlik ‘n baie mooi storie.  ‘n Groter hand het ons bymekaar gebring deur deure te sluit wat ons albei eens gedink het bedoel was om te wees.  Ons was albei voorheen verloof en na die teleurstelling het beide besluit om by ‘n sel groep by die kerk aan te sluit en dit is waar ons mekaar ontmoet het.  Soos hulle sê ‘die res is geskiedenis’.

Liezl: Hanrich het ‘n ongelooflike sin vir humor.  Hy sien altyd die ligter kant van die lewe raak en het altyd tyd vir ‘n grappie.  Hy is eerlik en opreg met tonne integriteit.  Hy stel ‘n voorbeeld met sy waardes en geloof en hy is selfversekerd, hy weet wie hy is.  Hy is my beste vriend en ek voel baie bevoorreg dat hy my gekies het om sy lewe mee te deel.

Hanrich: Behalwe vir die ooglopende feit dat Liezl beeldskoon is, het ons dadelik gekliek en mekaar se grappies en humor verstaan. Ons het baie van dieselfde belangstellings, maar respekteer ook ten volle mekaar se ander passies in die lewe. Wat definitief die basis vir ons verhouding en die aangetrokkenheid tot mekaar verseker het, is dat ons altwee dieselfde waardes het.  Die kombinasie van alles maak ons verhouding/vriendskap/huwelik ongelooflik en ek kan nie wag vir die toekoms saam nie!



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Stylvol en modern – wit met ‘n aksent van kleur. Bessie kleure is deurlopend as aksent gebruik teen ‘n wit agtergrond.



Was julle met wittebrood?

Ons was Mauritius toe vir ons wittebrood.  Ons het 7 dae by Le Mauricia Beachcomber resort en spa gebly in die hartjie van Grand Bay aan die Noord kus.  Dit was as verrassing vir die bruid gehou tot die middag voordat ons gevlieg het en was absoluut fantasties!  Ons het elke oomblik daarvan geniet en sal definitief die alles ingesluit pakket aanbeveel waarby onder andere al die buffet etes en skemerkelkies ingesluit is.



Wat sou jul verander het as jul kon?

Daar is nie een iets wat ons sou verander het of anders sou doen nie.   Die dag was absoluut perfek gewees.  Ons is baie dankbaar vir die mooi sonskyn dag wat ons gehad het en dat alles so vlot verloop het.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak gebruik van professionele diensverskaffers en spandeer tyd met die beplanning.  Bo alles, onthou waaroor die dag eintlik gaan en moenie verstrengel raak in die detail nie, geniet die proses.


Diensverskaffers: