Beplan Jou Troue 4 Van 12

Ons het verlede maand die derde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand vier van twaalf.  Met ander woorde agt maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.

Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan.  Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie.  Jy kan dit doen tussen die tien en twaalf maande periode voor jou troue.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen; Daar is niks fout daarmee nie.

Vandag gee ons vir jou ‘n paar punte oor maand nege.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog agt maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Fotograwe en Videograwe: Ontmoet het ons gekyk het na webtuistes of werk in persoon. Begin dink om een te boek as jy nog nie iemand geboek het nie.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Versekering
  • Gastelys
  • Bestemming van jou troue?
  • Trourokke

TROUROK:

Teen die tyd moet jy al ‘n idee hê van watter tiepe trourok snit, ontwerp en gevoel jy wil hê vir jou trourok.  Maak ‘n lys van trourok ontwerpers of verhuring besighede waar jy trourokke wat amper dieselfde styl as wat jy ingedagte het.  Jy kan dan deur jou lys gaan en foto’s bymekaar kry om te begin afsprake maak by verskillende rok verskaffers.  Jy kan nou al begin afsprake maak en rokke gaan aanpas. Onthou: Wat jy ingedagte het vir ‘n trourok en wat eintlik mooi lyk op jou, mag dalk heeltemal anders wees. Jy sal genoeg tyd hê om dit te verwerk indien jy iets anders moet kies.


KOEKE:

Jy moet al ‘n idee hê van watter tiepe koek jy min of meer wil hê by jou troue.  Daar is soveel verskillende koeke beskikbaar op die mark van naak koeke tot onderstebo koeke, kolwyntjies, donuts ens.  Jy kan solank begin kyk na verskillende koekbakker en watter tiepe koeke hulle maak.  Boek jou proe sessie by ‘n koekbakker van jou keuse en begin kyk na jou opsies.


BLOM INSPIRASIE:

Blomme helder enige troue op en as jy hou van blomme, sou jy definitief al hierdie tyd begin dink aan blomme idees vir jou troue.  Dit sluit in vir jou ryker, seremonie en onthaal dekor.  Blomme maak mens altyd goed voel.  Dit is belangrik dat jy foto’s en idees bymekaar hou, sodat jy na verskillende bloemiste en blom ontwerpers se styl van werk kan kyk en sien wat inpas by jou idee van blomme.  Onthou jou bloemis kan nie dit presies doen soos ‘n Pinterest prentjie nie, maar kan iets soortgelyk ontwerp nogsteeds uniek aan die bloemis van jou keuse se eie blom stilering styl.   Bloemiste is kunstenaars en hou daarvan om iets anders te doen as net ‘n kopie van ‘n vorige troue nie.


VERHURING BESIGHEDE:

Jy sal definitief dekor items benodig vir jou troue, veral as dit ‘n selfdoen troue gaan wees waar jy self jou dekor items sal moet huur.  Maak seker jy begin nou al pryslyste en katalogusse kry by verskillende verhuring besighede en ‘n idee kry van watter items daar buite is en die koste beraming.  So kan jy ook begin beplan aan jou dekor begroting en ‘n beter prentjie kry van wat jy wil hê vir jou troue.  Veral as jy opsoek is na iets uniek vir jou troue soos ‘n glas tafel of iets uniek wat jy nie alledaags sal vind nie.  Onthou as jy ook opsoek is wat nou in die mode is, sal dit baie populêr wees en maande voor uit geboek word. Maak seker jy boek so spoedig moontlik die items wat jy weet jy definitief wil hê.

Vrae ook oor deposito’s, as iets breek, as iets wegraak, versekering en ook die aflewering en kom haal van die produkte wat gehuur word.


WATTER VERMAAK WIL JULLE Hê?

Wil jy gras speletjies hê, ‘n Kunstenaar, ‘n Sanger, ‘n Orkes of Viool speler hê?  Soos jy self kan sien is daar baie opsies wanneer dit kom by vermaak vir jou troue.  Vermaak kan wees vir die tydperk waar jy en jou man besig is met julle fotosessie en julle gaste vir julle moet wag.  Dit is belangrik om vermaak tydens daardie tyd te hê, want anders staan jou gaste rond en raak geïrriteerd omdat hulle moet wag.  Dit kan ook insluit vermaak by die troue onthaal terwyl jy eet, of terwyl party dans ens.  Wil jy byvoorbeeld ‘n orkes op optrede hê in plaas van jou platejoggie wat net musiek speel.

Daar is baie verskillende opsies daar buite en ons beveel aan jy begin dink aan idees wat vir julle die beste sal werk en julle gaste besig en gesteriliseerd sal hou.


GESKENK REGISTERS:

Dit is nooit te vroeg om te dink aan geskenk register opsies nie en glo ons daar is baie verskillende opsies.  Omtrent elke tweede winkel het deesdae ‘n geskenk- of trouregister beskikbaar waar jy maklik jou geskenk opsies kan laai.  Gewoonlik kan jy dit aanlyn doen of in die winkel met ‘n skandeerder en alles wat jy graag wil hê net met die skandeerder skandeer en dan word dit op jou geskenk-lys gesit.  Jy sal dan ‘n unieke kode kry of anders die paartjie se naam en trou datum wat jy dan vir jou gaste kan gee en hulle sal dan jou geskenk register kan sien en kies watter een van jou geskenk opsies hulle wil koop.  Verskillende winkels het verskillende geskenk registers en het verskillende voordele as jy register by hulle.

So maak seker jy lees mooi deur elke een van jou register opsies en maak seker jy kies slegs die plekke waarvan jy regtig baie hou en graag geskenke van wil hê.


Dit is die einde van ons 5 van 12 maande beplanning artikel.  Lees volgende maand oor maand 5 se aftiklys.

Artikel Krediet:

  • Advies: Mooi Troues
  • Volgende Maand: Lees volgende maand ons vyfde maand beplanning aftiklys.
  • Artikel Foto: Go Urban