Beplan Jou Troue 4 Van 12

Ons het verlede maand die derde artikel van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel, so hierdie is maand vier van twaalf.  Met ander woorde agt tot nege maande maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

Teen die tyd is jy al lekker aan die gang met jou beplanning proses en begin jy nou bietjie meer fokus op spesifieke besonderhede van jou troue.  

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen die tien en twaalf maande periode voor jou troue.  Hierdie artikels is slegs ‘n riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee.

Vandag gee ons vir jou ‘n paar punte oor maand agt.


TROUROK SE KIES

Verlede keer het ons gesels oor die kies van trourokke.  Teen die tyd moes jy al ‘n bietjie meer weet oor die tiepe styl, materiaal ens.  Van jou trourok. Onthou om nota’s te maak van jou gunsteling trourokke wat jy al gesien het.  Indien jy nog nie aan gaan pas het nie, is dit nou die perfekte tyd om te begin, om te verhoed dat jy nie jou perfekte rok in tyd kry nie.  Hoe vroeër hoe beter en indien jy voel jy dalk nog bietjie moet werk aan die oefen roetine, dan het jy nog oorgenoeg tyd.  Dit is ook belangrik om in af te neem dat daar baie elemente is soos die maak van die rok of die beskikbaarheid van die rok, indien jy gaan huur.  Miskien lyk die tiepe rok wat jy gedink het gaan perfek lyk, nie so mooi aan jou liggaam bou nie.  Dan het jy nog oorgenoeg om verlief te raak op ‘n nuwe snit.


BOEK SEREMONIE MUSIEK, EN PLATEJOGGIE VIR ONTHAAL

Luister na verskillende musiek of vermaak vir jou troudag.  Onthou jy gaan moontlik musiek nodig hê by die seremonie (om op in te stap en voor die tyd en ook wanneer die register geteken word en familie foto’s geneem word).  Dan vir die onthaal, waar jy musiek en definitief klank nodig gaan hê.  Moet asseblief nie vir die eerste goedkoopste opsie gaan nie, of die vriendin se maatjie wat dink hy kan ‘n platejoggie wees omdat hy ‘n goeie klank sisteem het nie.  Dit is seker die mees irriterende ding wat kan gebeur by ‘n seremonie as ‘n mikrofoon nie lekker werk nie of glad nie werk nie en jou gaste begin geïrriteerd te raak.  Of die musiek speel nie soos dit moes nie en op verkeerde tye of die een luidspreker het ‘n krap op en daar is nie ‘n reserwe ekstra een om dit te vervang nie.

Dink mooi voor jy jou vermaak en platejoggie kies.  Vrae vir verwysings en ook dat jy kan luister na die musiek wat hulle doen.  Miskien kan hulle vir jou ‘n demonstrasie gee van hulle musiek en toerusting.


SOEK EN BEGIN VERBLYF TE BOEK VIR GASTE

Verblyf is gewoonlik iets wat vinnig en ver vooruit geboek word, veral as jy in die middel van die besige seisoen trou, skool vakansie of vakansie tye.  So maak seker jy boek verblyf vir jou gaste indien jy dit self gaan boek.  Indien jou gaste self verblyf gaan boek, probeer hulle genoeg kennis gee sodat hulle verblyf kan kry in die area.

Die kamer waar jy gaan regmaak moet ook voor die tyd geboek word om seker te maak jy kry die perfekte kamer.  Maak seker jy kies ‘n groot kamer met baie spasie.  Onthou jy gaan ‘n fotograaf, assistent en ‘n videograaf en ‘n assistent en ook strooimeisies, en jou Moeder ook in die kamer hê, so dit is baie mense en die kreatiewe diensverskaffers gaan baie spasie nog hê om te kan werk, om die beste te kan maak van jou spesiale dag.


KONTAK DEKOR HUUR VERSKAFFERS

As jy jou eie troue se dekor gaan doen of ‘n professionele stilis gaan kry wat die dekor vir jou gaan stileer, maak seker jy begin dit nou te doen.  

Selfdoen troues kan fantasties lyk as dit reg gedoen word.  Maak seker jy boek jou dekor items voor die tyd om teleurstelling te voorkom. Indien die een besigheid dit nie het nie, het jy nog genoeg tyd om nog te soek vir ‘n alternatief.  Daar is baie fantastiese dekor besighede waar jy die mooiste dekor en meubels kan kry vir jou troue, om jou onthaal ekstra mooi te laat lyk.

Dekor stiliste moet nog met jou sit en bespreek watter idees jy het en hulle idees voorlê aan jou. Maak seker jy luister na jou professionele stilis as jy een gaan huur.  Onthou jy beplan een troue en ‘n stilis het seker al ‘n paar honderd beplan so kan jou baie waardevolle advies gee.


BOEK JULLE WITTEBROOD

Julle het nou al begin rondsoek vir wittebrood plekkies, soos in ons vorige advies artikels. Indien julle nog nie het nie, kan julle nou begin rondkyk.

Indien julle wel al rondgekyk het, moet julle nou, julle besluit begin finaliseer en ‘n wittebrood pakket boek.  Hoe vroeër jy boek, hoe beter en ook meeste van die keer koste effektief.


BESTEL ‘N TROU KOEK

‘n Heerlike troukoek is altyd ‘ n wenner.  As jy by ‘n bekende koekbakker gaan bestel sal jy no al jou bestelling moet insit, omdat hulle baie vinnig vol geboek word en verskriklik besig is gedurende seisoen tye.

Proe altyd jou koeke by verskillende koekbakkers voordat jy besluit.  Onthou, ‘n troukoek moet nie net mooi wees nie, maar ook heerlik proe en smaak het.

Maak ook seker jy hou ingedagte die dekor vir die koek tafel. Die koek speel so ‘n groot rol in die onthaal area van die troue, so maak dit mooi en laat dit die middel punt van aandag wees vir jou gaste in die onthaal lokaal. Die dae van die koek in die hoek in te druk is verby! Laat dit uitstaan en mooi lyk.


BRUIDEGOM PAK

Mans wil gewoonlik weg hardloop wanneer dit kom by die kies van die pak.  Met vandag se mooi pak modes kan die man waarlik baie aantreklik lyk op die troue.  Kies ook ‘n pak wat hy weer kan drae na die troudag.  Pakke is bietjie duurder, maar koop een wat perfek sit en miskien ‘n bietjie aangepas word tot maat deur ‘n kleremaker of die boetiek waar julle dit gaan koop.

Onthou dit moet nog bietjie aangepas word, so koop solank die pak en laat doen die verstellings nader aan die troudag indien iets bietjie moet verstel word om die pak perfek te laat sit.  Moet asseblief net nooit ‘n lelike los hangende pak kies nie, dit lyk aaklig op foto’s.


BOEK JOU REPETISIE AANDETE

As jy nie ‘n baie formele repetisie aandete gaan hou nie, is dit nie nodig om dit nou al te boek nie; Maar as jy by ‘n spesiale plek wil gaan vir aandete of ‘n spesiale iets wil beplan, is dit nou die perfekte tyd om te begin dink aan jou opsies en dit te boek.

Repetisie aandetes is om die verskillende naby familielede aan mekaar bekend te stel voor die troudag.  Dit is ‘n fantastiese manier om mense te leer ken en dan is almal nie so vervreemd voor die troudag nie.  Dit is nog nie ‘n tendens wat baie gegroei het in Suid-Afrika nie, maar ons sal dit graag meer wil sien groei.


BOEK JOU FOTOGRAAF EN VIDEOGRAAF

As jy nog nie jou fotograaf en videograaf geboek het nie, is dit nou die tyd om so te maak.  Jy moet definitief teen nou al weet wat jou opsies is.  Kyk weer deur die fotograwe wat jy op kou kortlys het en boek jou finale keuse vir jou troudag.

Meeste fotograwe en diensverskaffers kort ‘n 50% deposito wat nie terugbetaalbaar is nie, so maak seker jy het die fondse beskikbaar onmiddelik as jy die fotograaf of videograaf boek.


Artikel Krediet