Beplan Jou Troue 3 Van 12

Ons het verlede maand die tweede van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand drie van twaalf. Met ander woorde tien maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

Teen die tyd sal jy nou al ‘n beter idee hê van jou presiese begroting en hoeveel jy op wat wil spandeer.  Maak seker jy kyk net na verskaffers binne jou begroting, sodat jy nie jouself depressief maak nie.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen die tien en twaalf maande periode voor jou troue.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee.

Vandag gee ons vir jou ‘n paar punte oor maand tien.


JOU DINKSKRUM BORD:

As jy nog nie vir jou ‘n dinkskrum bord gemaak het nie, is dit nou die tyd om vir jou een te maak. Dit is net baie makliker om al jou idees en moontlike asook geboekte verskaffers ook bymekaar te hou. Maak ‘n Pinterest bord waar jy alles wat jy van hou kan stoor.  Volg sommer Mooi Troues eerste vir al jou trou inspirasie.  Pinterest is maklik om dekor idees, trourok en alle ander mooi inspirasie te stoor om later weer te kyk.  Onthou om nie te verlore te raak op Pinterest nie. Klik hier om na ons potgooi te luister waar ons Redakteur gesels oor ‘n Inspirasie Troue teenoor ‘n Regte Troue.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog tien maande van beplanning oor. Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk. Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue. Dit moet definitief al gefinaliseer wees. Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue gefinaliseer het en geboek het. Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers ontmoet het en begin boek het. Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Fotograwe en Videograwe ontmoet het ons gekyk het na webtuistes of werk in persoon. Begin dink om een te boek as jy nog nie iemand geboek het nie.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer. Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.

 


TROU VERSEKERING:

Jy lees reg ja! Jy kry trou versekering vir jou spesiale dag wat jou sal dek in omstandighede buiten jou beheer. Dit is ‘n nuwe konsep in Suid-Afrika, maar word al lankal in die buiteland gedoen. Dit is ‘n fantastiese manier om jouself ‘n stres vrye trou beplanning te hê.


FINALISEER GASTELYS VAN BUITELANDSE GASTE:

Finaliseer jou gastelys van buitelandse gaste. Hoe gou moontlik jy jou buitelandse gaste laat weet hoe beter. Hulle moet ‘n langer verlof insit om na jou troudag te toer, so moet so gou moontlik ingelig word, sodat hulle seker kan maak hulle neem verlof, boek vlugte, motorhuur, verblyf ens. Solank as wat jy hulle so ses maande voor die tyd gee is jy nog in die veilige tydperk.


DINK JY AAN ‘N BESTEMMING TROUE?

As jy daaraan dink om ‘n bestemming troue hê buitekant Suid-Afrika, op ‘n eiland iewers of ‘n plek waar almal na moet vlieg en vir ‘n tydperk bly, dan moet jy so gou moontlik jou gaste laat weet dat jy beplan om dit te doen. Onthou almal moet spaar daarvoor en ook hulle vlugte en verblyf boek. Dit tel dieselfde as wat jy gaste vanaf die buiteland sal nooi om jou troue by te woon in Suid-Afrika.


TROU ROKKE:

Begin dink aan trourok idees. Of jy jou eie trourok wil laat maak en of jy een wil huur of koop. Klik hier om ons advies artikel te lees, waar ons gesels of jy ‘n rok moet laat maak of een koop. Dit is nou die tyd om te begin dink aan jou trou rok en begin aanpas om te kyk wat vir jou werk en wat nie vir jou werk nie. Veral as jy baie besluitloos is en nie vinnig kan besluit nie. So het jy oorgenoeg tyd om te sien watter tiepe trourok snit en kleur vir jou gaan werk. So sal jy ook ‘n besluit neem of jy een gaan maak of koop. As jy ‘n trourok wil laat maak, dan is nou die perfekte tyd om daaraan te begin werk en na idees en Inspirasie te kyk en verskillende ontwerpers se idees. Verskillende ontwerpers het verskillende style en ook pryse. Maak seker jy gaan slegs na mense in jou begroting, so vrae sommer vooraf vanaf wat begin hulle pryse. Anders stel jy net jouself teleur vir geen rede nie.

Dit is die einde van ons 10 van 12 maande beplanning artikel. Lees volgende maand oor maand 9 se aftiklys.


Artikel Krediet:

  • Advies: Mooi Troues
  • Volgende Maand: Lees volgende maand ons neënde maand beplanning aftiklys.
  • Artikel Foto: Günther Schubert