Beplan Jou Troue 2 Van 12

Ons het verlede maand die eerste van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand twee van twaalf.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

Teen die tyd sal jy nou al ‘n beter idee hê van jou presiese begroting en hoeveel jy op wat wil spandeer.  Maak seker jy kyk net na verskaffers binne jou begroting, sodat jy nie jouself depressief maak nie.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen die tien en twaalf maande periode voor jou troue.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee.

Vandag gee ons vir jou ‘n paar punte oor maand elf.


BEPLAN JOU VERLOWING PARTYTJIE: 

Teen die tyd is jy nou al seker oor ‘n maand verloof en meeste mense weet al dat julle verloof is, so as jy nog nie ‘n verlowing partytjie gehou het nie, is dit nou die perfekte tyd om dit te reël.  Jy hoef nie al die gaste van jou troue vir die partytjie te nooi nie. Jy kan nooi wie jy wil, want dit is meeste van die tyd ‘n baie informele byeenkoms van ‘n paar familie en vriende.

Jy kan dit by die huis hou of ‘n klein onthaal lokaal, waar jy heerlike vinger happies en skemerkelkies kan geniet, of ‘n meer formele ete. Dit hang af waarvan julle as ‘n paartjie hou en hoe julle, jul verlowing wil vier.


BEGIN VRIENDE EN FAMILIE TE VRAE OM DEEL VAN JOU TROU GEVOLG TE WEES:

 Almal wil altyd deel wees van jou trou gevolg. (bridal party), maar dit is onmoontlik om elke liewe persoon deel te maak van jou strooimeisies, bruidsmeisie en strooijonkers.  Dit hang van jou af, wie jy voel is die beste kandidate en jou die beste sal kan help.  Dit gaan nie daaroor, wie jy die meeste van hou en wie jy die liefste het nie. Meeste mense dink so, maar dan gaan jy opeindig met die helfte van jou gaste as deel van die trou gevolg.

Kies persone wat jy weet sterk is in seker dinge en katrol hulle in, sodat hulle ook kan help met die beplanning proses om die stres bietjie minder te maak vir jou, veral op die dag van die troue.

Daar is oulike geskenk idees wat jy kan koop om jou die persone te vrae om deel te wees van jou trou gevolg.  Van boksies met oulike geskenke in, wat jy vir elke een kan gee as jy hulle vrae om deel van jou spesiale dag se trou gevolg te wees.  Dit is ‘n oulike gebaar en nie ‘n moet nie.  Dit is altyd beter om die persoon in persoon te vrae, om dit bietjie meer spesiaal te maak.  Indien die persoon nie naby woon nie, bel eerder as net ‘n e-pos.


DIE WITTEBROOD:

Elke paartjie wil op ‘n wittebrood gaan, maar meeste doen nie, want hulle het nie genoeg fondse beskikbaar nie, want hulle gaan in ‘n stres oor die troue en vergeet van die wittebrood.  Begin nou al kyk na wittebrood opsies, en maak ‘n spaar rekening oop waar jy spaar vir die wittebrood.  Daar is baie kennisgewing rekeninge deesdae beskikbaar waar jy weet jou geld word veilig gespaar in die bank.  Sodoende begin jy klaar maandeliks te spaar vir jou wittebrood en uitgawes gedurende jou wittebrood.

Begin kyk na plekke waar julle graag wil gaan vir ‘n wittebrood en vind uit oor die visa’s, verblyf kostes, etes en vermaak kostes, vlugte, vervoer kostes en ander addisionele kostes.  Maak ook seker of op enige medikasies moet gaan voor jy na daardie deel van die wêreld toer, want seker dele het dinge soos Malaria en ander siektes wat mens kan opdoen.  Maak net altyd seker jy is eerder oor veilig.

As jy toere boek, probeer by groter besighede en bekende name te boek.  As iets te goed klink om waar te wees doen jou huiswerk, voor jy dit betaal.


KIES JOU TROU OFFISIER

‘n Trou Offisier is die persoon wat jou gaan trou, so dit kan ‘n dominee, predikant, priester of ‘n geregistreerde trou offisier wees. Hulle trou gewoonlik meer as een paartjie op ‘n dag.  As jy ‘n spesifieke persoon ingedagte het, vind uit hoe hulle skedule lyk vir die dag van jou troue.

Besluit op ‘n paar waar aan jy belangstel en gaan sien hulle, sodat jy ‘n gevoel kan kry oor watter tiepe diens en persoonlikheid jy wil hê.

Besluite om te neem is of jy die seremonie meer spiritueel wil hê of meer gelowig, tradisioneel of meer modern ens. Daar is ‘n hele paar opsies, insluitende seker tradisies wat jy kan doen en seker wat net ‘n ekstra mooi is by die seremonie diens.

Dit is die paartjie se eie besluit oor wie hulle graag wil hê hulle moet trou.

Ons weet daar is party ouers wat gedwonge voel dat die plaaslike dominee jou moet trou, maar onthou dit is jou troue en jy kan doen wat gemaklik is vir jou. Verduidelik dit ook so aan jou ouers en ons is seker hulle sal verstaan.

Sit ook die trou offisier in jou begroting en maak seker jy boek en betaal die offisier wat jy wil kies vroegtydig.


Artikel Krediet: 

Fotograaf: Mighty Fine