Beplan jou troue 1 van 12

Ons gee vir jou elke maand ‘n lys van dinge waaraan jy moet aandag gee oor die volgende twaalf maande, terwyl jy besig is om jou troue te beplan.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.


1. KIES ‘N AREA:

Dit is die belangrikste van alles.  Baie beplanners sal sê die datum is die mees belangrikste, maar ons glo daaraan dat die area van jou troue is die belangrikste en dan die datum.  Die rede hiervoor is dat seker area’s het seker weer en verskillende seisoene wêreldwyd.  So as jy in die Winter wil trou in Kaapstadse, help dit nie jy kies Desember maand as jou troudatum nie.  Maak seker jy weet waar jy jou troue wil hou en/of jy dit in Suid-Afrika wil hou of in die buiteland.  Sodra jy dit bevestig het, dan kan die res van die beplanning proses begin.


2. KIES ‘N DATUM:

Nou dat jy weet waar jy graag wil trou en watter tyd van die jaar, nou kan jy begin besluit op ‘n gepaste datum.  Onthou nie almal sal jou datum kan maak nie, so moet nie ‘n datum kies net omdat gaste dit nie kan maak nie.  Dan sal jy nooit ‘n troudatum hê nie, want daar is altyd iemand wat dit nie sal kan maak op ‘n seker datum nie.  As jy jou gaste vroegtydig laat weet van jou troudatum, deur ‘n “spaar die datum” kaartjie uit te stuur, dan sal jou gaste genoeg tyd hê om reëlings te kan maak om jou troudag by te woon.  Maak seker jy kies ‘n datum wat gemaklik is vir julle as ‘n paartjie.  Onthou jy sal ook verlof moet in sit voor jou troue en dan na jou troue vir julle wittebrood.


3. BEGROTING:

Dit is nou die tyd om eerlik te wees met mekaar oor geldsake.  Jy is nou verloof en beplan om jou lewe saam met die persoon te spandeer.  Wees eerlik oor jou inkomstes en uitgawes en geldsake wanneer dit kom by die trou begroting.  Die ergste is om nie te weet wat jou begroting is nie en na alles wat buite jou begroting is te kyk.

Besluit ook wie betaal vir wat en hoe kostes opgedeel sal word tussen die families, indien hulle sal help betaal.  In vandag se moderne wêreld betaal meeste paartjies maar hul troue self, so maak seker jy spaar genoeg geld vir deposito’s en die res van die betalings wat later gedoen moet word.

Moet nie baklei oor ‘n begroting nie, dit is jou spesiale dag en almal verdien ‘n mooi troue.  Jy kan nogsteeds ‘n fantasties en baie mooi troue hê al is jou begroting nie van die grootste nie.


4. GROOTTE EN FORMALITEIT VAN JOU TROUE:

Wil jy 50 of 300 gaste hê?  Dit is die groot besluit wat ook baie gepaard gaan met jou persoonlike siening oor jou vriendskappe en kennisse en wie jy julle spesiale dag wil deurbring.  Dit het ook ‘n effek op jou begroting.  Kies of jy ‘n formele, informele of semi-formele troue wil hê en dit sal jou ook laat besluit watter venue jy wil kies vir jou troue.


5. BOEK JUL VENUE:

Venues boek baie vinnig vol, so maak seker jy maak jy kontak venues waarvan jy hou spoedig en stel datums vas om na die venues te gaan kyk.


6. BOEK BEKENDE VERSKAFFERS EERSTE:

As jy wil gebruik maak van enige bekende diensverskaffers in die trou industrie, maak seker jy boek hulle eerste nadat jy jou venue geboek het.  Bekende diensverskaffers word baie vinnig geboek omdat hulle so in aanvraag is.


7. KIES ‘N FOTOGRAAF & VIDEOGRAAF:

Fotograwe en Videograwe is ook diensverskaffers wat vinnige vol geboek word.


8. GASTELYS BEPLANNING:

Begin dink aan jou gastelys nadat jy besluit het op jou begroting en hoeveelheid gaste.  Begin met die mense naaste aan jou eerste en dan die res van jou vriende en kennisse.  Bespreek ook met mekaar oor hoeveel gaste elk wil nooi.


9. STUUR JOU VERLOWING BEKENDSTELLING:

Stuur ‘n verlowing bekendstelling kaartjie uit na al jou familie en vriende om hulle te laat weet jy is verloof en dat julle besig is om julle troue te beplan.


10. HUUR ‘N TROU KOÖRDINEERDER:

As jy wil gebruik maak van ‘n trou koördineerder, dan is dit die beste tyd om iemand te kry om jou troue te help beplan.


11. GEE GENOEG KENNIS VIR GASTE VAN DIE BUITELAND:

Onthou gaste wat van ver af moet toer om jou troue bywoon moet reëlings maak om af te vat by die werk en vliegtuig kaartjies, huur motor en verblyf boek om jou troue.  Dit neem tyd om alles te beplan en is ook ‘n groot uitgawe vir jou gaste.  Maak seker jy laat weet jou gaste oorsee vroegtydig.


12. BEGIN JOU GESONDHEID EN OEFEN PROGRAM:

As jy daardie ekstra kilogram wil verloor dan is dit nou die perfekte tyd om vir jou ‘n persoonlike oefen afrigter aan te stel om vir jou ‘n oefen program op te stel en jou in die beste gesondheid kondisie te kry voor jou troue.  Begin gesond eet en ook jou skoonheid roetine reg te kry vir die volgende twaalf maande.  Dit sal alles help om jou vel asook jou hare en algemene gestel lekker op te kikker.


13. BEGIN ‘N DINKSKRUM BORD:

Maak ‘n Pinterest bord waar jy alles wat jy van hou kan stoor.  Volg sommer Mooi Troues eerste vir al jou trou inspirasie.  Pinterest is maklik om dekor idees, trourok en alle ander mooi inspirasie te stoor om later weer te kyk.  Kry vir jouself ‘n lêer waar jy al jou trou inspirasie, idees, advies en begrotings kan stoor.  Begin  kyk na verskillende diensverskaffers en hou die besonderhede van verskaffers waarvan jy hou en dan kan jy hulle op ‘n latere stadium kontak.


Artikel Krediet: