Interessante wenke vir die bruid

advies1


Wenk #1

Bederf jou reuk sintuig met ‘n nuwe geur parfuum so elke keur as jy die reuk ruik sal jy jou droom dag onthou.


Wenk #2

Neem fotos van jou rok en strooimeisies se rokke saam na jou Bloemis toe, dit sal die Bloemis se inspirasie met die ruikers in die regte rigting stuur om by die rokke te pas.


Wenk #3

Belê in ‘n mooi hanger om jou trou rok op te hang.  Dit lyk baie sleg as ‘n trou rok op ‘n algemene wit plastiek hanger hang.


Wenk #4

By die laaste aanpassing van jou trou rok maak seker om eers te sit voordat jy dit laat kleiner maak.


Wenk #5

Voeg ‘n lyntjie by jul R.S.V.P kaartjies vir liedjie versoeke.   Stel ‘n lys saam van die versoeke en verskaf dit aan jou platejoggie sodat hy dit in sy program kan inwerk.  Dit sal verhoed dat jou gaste die platejoggie lastig val en sal die speel van musiek seepglad laat verloop.  Jy wil nie hê ‘n romantiese vas-dans Liedjie moet volg na ‘n lekker los-dans liedjie nie, want dan mag van die gaste moeg gedans wees.  Sodoende sal almal wat versoeke het deur die aand hul versoek hoor en daarop kan dans.


Wenk #6

As jul toelaat dat gaste hul kinders mag saam bring na jul troue toe, maak seker daar is iemand oor die kinders te hou sodat die ouers jul troudag saam jul kan geniet en dat daar genoeg aktiwiteite en speelgoed is vir die kleinspan.


Wenk #7

Sou jul oorsee reis vir Wittebrood plak in jul tasse en sakkies ‘n plakker met jul telefoon nommer, adres en e-pos.  Sou die naamplaatjie van jul bagasie weg raak is dit nog moontlik vir die lugredery om jul so op te spoor.


advies2