Goed wat duur kan raak wat jul troue gaste nie omgee voor

danie-en-esmarie_0024-768x513Fotograaf: Mandie Niemann

‘n Bruid droom vir jare oor hul droom dag en hul het hul droom man gekry en hy het haar drome beantwoord om haar te vra om te trou en sy het sonder huiwering Ja gesê.  Die droom troue word beplan en die begroting rek net meer en meer om die gaste te beïndruk, maar vandag deel ons met julle paar punte wat nie regtig saak maak vir die gaste nie.  Ons hoop hier na ons het jul gehelp die begroting rek vir daardie droom Wittebrood.


Die uitnodigings

Paartjies is so opgewonde om hul gaste te nooi wat hul graag daar wil hê by hul troudag dat hul by ver oor hul begrotings gaan met die uitnodigings want hul dink eerste indrukke is blywend.  Hier kan paartjies oorboord gaan met die begrotings om geld te spandeer op onnodige duur materiale.  Kyk na jul opsies en besluit rustig hier oor.  Gaan loer gerus vir inspirasie van Skryfbehoeftes wat al op Mooi Troues gedeel was.

creativeheroes_0001-721x540

Die program

Nes die uitnodigings spandeer paartjies te veel geld op materiale wat glad nie saak maak vir die gaste nie.  Die gaste wil weet waar en by wie hul sit en wat is op die spyskaart, om ‘n program vir die dag uit te druk is geld mors.  Vra eerder die seremonie meester om die gaste in te lig van die verloop van gebeure of die trou koördineerder kan die kelners sê om die gaste te lei terwyl die kelners die verversings uitdra.

Die gaste boek, duimafdruk-boom en foto-hoekie

Onder die punt praat ons oor die gaste boek, die duimafdruk-boom, die foto-hoekie…alles die is oulik in teorie, maar kan vinnig duur raak met die resultaat wat ‘n flop is – Dink net die gaste boek:  Gaste se skrif en dan die wat snaaks is en ‘n vulgêre boodskappe los; Die duimafdruk boom: Dit kan ‘n morsige storie raak met vetterige duime of afdrukke wat nie lekker die eerste keer gevat het nie wat kere  oorgedoen word; Die foto-hoekie: Is perfek om gaste te vermaak, maar glo die vermaak kan ook hand uitruk en onvolmaak raak.

Gemaak eerder gebruik van vandag se tegnologie en gebruik ‘n “#hashtag” of beter skep ‘n e-pos adres waar gaste fotos en boodskappe kan stuur vir julle om later deur te gaan en uitsorteer.


Die Blomme

leon-natasha_0008-768x513Fotograaf – Tracy Robertson

Asseblief verstaan ons hier mooi.  Die blomme is deel van die dekor en maak of breuk die venue, al wat ons hier wil aan beveel is bly met blomme wat plaaslik in seisoen is en vermy om blomme in te voer wat tyd opneem van hul lewensduur en mag verlep vroeg die aand.  Onthou jul betaal invoer kostes…


Die Linne

carina-en-thys_0030-768x513Fotograaf: Carla Diener photography

Deesdae se tendens is om nie tafeldoeke te gebruik nie, maar sou jul tafeldoeke gebruik maak die hoogste draadtelling nie saak nie.  Jul gaste wil net skoon vlekvrye linne sien.


Die Eerste Dans

Paartjies wil baie graag ‘n goeie indruk maak met die eerste dans en spandeer baie geld om klasse te loop om ‘n deftige danspassie te leer net om dit op die aand van die troue te vergeet en al wat die gaste gaan onthou is ‘n té gechoreografeerde roetine.  Gaan eerder met ‘n danspassie wat jul albei gemaklik is en onthou die bruid het nie in haar trou rok die roetine geoefen nie…


Die Koek

michelle-en-nick_0061-768x513Fotografie: Anne Grace Photography

‘n Vyf vlak koek met alle mooi tierlantyntjie versierings is mooi vir jul as paartjie om te sien, maar ons belowe jul die gaste gaan nie so naby aan die koek kom om al die mooie fyn detail te sien nie, gaan eerder vir ‘n meer eenvoudiger koek waaroor jy nie hoef te stres gaan om val sou iemand hom van benader wou beloer nie.


Ons hoop na die punte het ons jul gehelp die begroting rek vir daardie droom Wittebrood.


Artikel Krediet:

Fotos: Net vir visuele effek en elke fotograaf is die foto krediet gegee.