Las Paletas vir jou Somer troue

Handgemaak met liefde van die aarde is die leuse van Las Paletas wat kunstige sorbet en suiwel ys-lollies voorsien aan gebeurtenisse en veral vir troues.   Dit is perfek vir troues in die warm Somer maande en sal ‘n lekker bederf vir jou gaste wees.  Julle kan boonop jul eie resep ontwerp met gehalte bestanddele soos regte vrugte, kruie, speserye, neute en egte suiwel wat jul ys lollies uniek maak aan julle.  Las Paletas was al beproef met eksoties smaak kombinasies soos Koejawel en Kaas!

elana_0019elana_0018

elana_0017

Kombinasie van geure:


Met kaas en koejavel smaak agter hul rug sal die duo span van man en vrou, Jason Sandell en Diana Chavarro, dus glad nie vir jul snaaks aan kyk sou jul ‘n koeksister en melktert kombinasie probeer nie.  Ons beproef nou nie hul talent met braaibroodjie ys lollies nie…. hou dit maar by die basiese beginsels van nageregte.

elana_0020 elana_0021 elana_0016

Die begin:


Las Paletas is in Jason en Diana se kombuis in 2012 begin.  Hulle het met elke smaak kombinasie gegroei en uitgebrei.  Nou kan jy hul produkte by vele delikatesse en uitgekose supermarkte vind.  Hulle het nie ‘n fabriek winkel en is ook nie oop vir die publiek op gereelde bassies nie.  Hulle beveel aan dat jy hul via e-pos kontak op Maandae vir bestellings en afhaal tye.

elana_0023 elana_0024 elana_0025

Roomys by jou troue:


Las Paletas bied verskeie oulike spyseniering dienste aan vir gebeurtenisse en troues.  Onder andere gepersonaliseerde stokkies met jou naam, datum of voorletters.  Vir hul mobiele yskas waentjie huur is dit beter om hul self te kontak en met hulle te bespreek.

elana_0026 elana_0027elana_0028

Artikel Krediet:

  • Geskryf deur Mooi Troues.
  • Foto’s verskaf deur Las Paletas