Henno het ‘n traantjie afgevee toe hy Sonette begelei deur haar ma sien afstap in die trou-gang onder die bome, so vier ure se ry vanaf Kaapstad. Die bos kapel gee jou daardie informele en romantiese gevoel en gaste voel nader en meer intiem deel van die huwelik- seremonie en geloftes. Jy kan ook op hierdie gebied bedek met ‘n boheemse tent as jy trou in die reënseisoen.
Die trou lokaal kan 160 gaste neem en dit kan verder uitgebrei word met plek vir nog 80 gaste buite op die dek. By Gouritzvallei probeer hulle ‘n baie intieme atmosfeer en warm gevoel te skep.
Blaai deur Henno en Sonette se trou fotos en kyk of Gouritzvallei die plek sal wees waar jul ‘n lewe saam begin.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek het vir Henno op een van my talle Hartenbos-vakansies as tiener ontmoet. Ons is voorgestel aan mekaar deur ‘n vriend van ons albei. Henno wat ‘n groot prater is en wat altyd iets te se het, kon natuurlik nie ‘n woord met my praat nie. Ek het hom dadelik interessant en baie aantreklik gevind.
Hoe het julle verloof geraak?
Na ‘n ses jaar langafstand verhouding het Henno uiteindelik besluit om op een knie te sak by Bottelierskop buite Mosselbaai. Dit was op 3 April 2015, die dag wat ons ses jaar bymekaar was. Ons het perd gery en op ‘n pragtige piekniek afgekom met ‘n skelm fotograaf. My ring het ses hartjies as kloutjies om ons ses jaar te simboliseer. Henno het alles perfek beplan.
Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?
Ons was ses jaar in ‘n verhouding voor ons verloof geraak het en elf maande verloof voor ons mooi dag op 19 Maart 2016.
Advies wat ons aan ander paartjies kan gee?
KOMMUNIKASIE KOMMUNIKASIE…die bruid en bruidegom moet vooraf vir mekaar se wat vir hul belangrik is rondom die dag, so kan mens baie misverstande voorkom. Maak tyd vir mekaar en moet nie nadat jy jou keuses gemaak het nogsteeds Pinterest nie, jy gaan jouself baie deurmekaar maak.
En geniet dit, dit is julle dag moet nie toelaat dat ander dit vir jul bederf nie.
Diensverskaffers:
- Venue: Gouritzvalley
- Trourok: Alana van Heerden Fashion and Bridal
- Dekor: Fancy Functions en Esje Muller
- Mans uitrusting: Eurosuit
- Fotograaf: Lynelle Pienaar Photography
- Klank en beligting: Rainbow Sound
- Grimering: Donique Leonard
- Koek: Inkredible edible cakes
- Spyseniering: Pam Fivaz