Wium & Nelia se mooi troue

Wium het sy eerste liefde, Nelia, die dag van hul troudag sien afstap in die trou gang na hom waar hy voor die kansel staan en na haar kyk in ‘n mooi trou rok van Bridal Manor.   Nelia dans later onder groen bome in aar trou rok om die vreugde in haar hart te weerspieël.

Geniet die paartjie se storie.

Nelia & Wium_0001Nelia & Wium_0002 Nelia & Wium_0003 Nelia & Wium_0004 Nelia & Wium_0005 Nelia & Wium_0006 Nelia & Wium_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons is albei mekaar se eerste liefde.  Ons het ontmoet ongeveer 5 jaar terug by die Universiteit van Pretoria. Die ontmoeting het plaas gevind in ‘n parkeerarea naby die ingang van die Universiteit.  Hy het my vriendin onthou van hul laerskool dae en ons raakgeloop in die parkeerarea.  Direk na hierdie ontmoeting vra ek my vriendin hoekom sy my nie lankal voorgestel het nie… MIN het ek geweet!  Daarna het ons mekaar gereeld raakgeloop, dieselfde klasse gehad en dit het ontwikkel in ‘n vriendskap.  In Desember het hy my uitgevra en ons is op ons 4 jaar “anniversary” getroud.


Nelia & Wium_0008 Nelia & Wium_0009 Nelia & Wium_0010 Nelia & Wium_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Wium se Familie het ‘n Familieplaas naby Warmbad en ek spot altyd en sê ek trou net met hom as gevolg van die plaas (ons is albei baie lief vir die natuur).  Hy het my by die werk kom oplaai een oggend en natuurlik alles vooraf met my baas gereël!  Hy het my na my gunsteling restaurant geneem vir ontbyt, dis Harissa’s Bistro in Pretoria, en daarna bederf  vir ‘n Manicure& Pedicure.  Daarna het ons plaas toe gery waar het hy met sy familie gereël het om vir ons ‘n piekniek reg te hê op die berg.  Hy het sy kitaar nader getrek en vir my “When you say nothing at all” van Ronan Keating gesing.  Hy het op sy knieë gegaan en ek het ja gesê!


Nelia & Wium_0012 Nelia & Wium_0013 Nelia & Wium_0014 Nelia & Wium_0015 Nelia & Wium_0016 Nelia & Wium_0017 Nelia & Wium_0018 Nelia & Wium_0019 Nelia & Wium_0020 Nelia & Wium_0021


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het mekaar amper 5 jaar geken, maar ons het getrou op ons 4 jaar herdenking.


Nelia & Wium_0022 Nelia & Wium_0023 Nelia & Wium_0024 Nelia & Wium_0025 Nelia & Wium_0026 Nelia & Wium_0027


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die belangrikste vir ons was om alles saam te reël en saam te geniet, die dag gaan net oor julle 2, niemand en niks anders nie.  Moet nie oorbodig spandeer nie, dis een dag, maak dit iets moois in matigheid.  Vir ons was dit belangrik om ‘n lekker venue te kry want mense onthou of hulle lekker gekuier en geëet het; en natuurlik die trourok – almal onthou altyd hoe die bruid gelyk het!  Onthou dat dit ‘n commitment is wat jul lewenslank teenoor mekaar maak en dat nie die blomme, gaste of die weer omstandighede, niks dit kan versier nie.


Nelia & Wium_0028 Nelia & Wium_0029 Nelia & Wium_0030 Nelia & Wium_0031 Nelia & Wium_0032 Nelia & Wium_0033 Nelia & Wium_0034 Nelia & Wium_0035 Nelia & Wium_0036 Nelia & Wium_0037 Nelia & Wium_0038

Diensverskaffers: