Basiese pligte van ‘n Strooimeisie

Strooimeisies is ‘n belangrike deel van enige troue.  Hulle moet veral goed wees daarin om te luister, twee take op ‘n slag te kan doen en bereid wees om met alles te help.  Jy moet geëerd voel as jy gevra word om ‘n Strooimeisie te wees.  Dit is jou plig om seker te maak alles verloop mooi vlot met verminderde stres vlakke.  Vermy om nie een van daardie strooimeisies te wees wat die hele troue oorvat nie!  Laat die bruid voel dat sy die mees spesiaalste persoon is op haar troudag.  Moenie met ander bruidsmeisie stry oor kleinighede nie.  Werk eerder saam as ‘n groep fantastiese strooimeisies en gee die bruidjie die beste ervaring ooit.

Gustav Klotz Photography5Gustav Klotz Photography


Onder is ‘n paar punte van advies as jy ‘n strooimeisie is:

  • Maak seker jy ondersteun die bruid emosioneel en laat haar kalm en gemaklik voel.  Probeer altyd om ‘n glimlag op haar gesig te sit.
  • Organisering van die troue is ‘n groot rol van ‘n Strooimeisie.  Maak seker jy werk saam met die bruid om haar spesiale dag te beplan en te organiseer.  Gaan saam met die toekomstige bruid na die kies van die blomme, venues, koek, dekor en ander klein detail.
  • Soek vir strooimeisie rokke, skoene en juweliersware om te dra by die troue.  Moenie kla oor die Strooimeisie rokke nie.  Die laaste ding wat ‘n bruid wil weet is dat jy nie van jou rok hou nie.
  • Help die toekomstige bruid haar trourok kies.  Dit sal ook insluit of die bruid haar rok wil laat ontwerp, of sy ‘n rok gaan huur of ‘n klaar gemaakte rok gaan koop.   Dit is nie jou besluit nie, maar jy kan help om die bruid in die regte rigting te wys en die besluitneming ‘n bietjie te vergemaklik.
  • Help met die beplanning proses van die kombuis tee.  Maak seker alles word betaal deur die strooimeisies gesamentlik.
  • Hou rekord van al die geskenke wat die paartjies ontvang op die troudag asook by die kombuis tee.  Maak aak seker dat jy die R.S.V.P. lyste byderhand hou.  Dit maak dit makliker vir die bruidspaar om dankie kaartjies te skryf en uit te stuur na die troue.

Gustav Klotz Photography3


Belangrik vir op die dag

  • Op die dag van die troue, maak seker dat jy na die venue gaan kyk.  As daar dan enige probleme is dit uit te klaar word met wie ookal verantwoordelik is vir die spesifieke element op by die troue.
  • Help die bruid pak vir haar wittebrood.  Maak seker dat alles gepak is en niks rondlê of vergeet word nie.  Dit is baie stresvol, veral as die bruid nie weet waarna sy gaan op haar wittebrood nie. Die laaste ding wat jy wil hê is die bruid wat land in New York in middel van winter sonder regte klere!
  • Luister na die bruid se versoeke en maak haar gelukkig indien die senuwees bietjie begin inskop.
  • As jy die hoof-strooimeisie is, maak seker die ander strooimeisies is gereed op tyd en dat elke een die regte ruiker het, grimering en hare gedoen en dat almal gelukkig is.  Hou ook iewers sneesdoekies indien iemand gedurende die loop van die dag aan die huil raak.  Troues kan nogal oorweldigend wees vir party mense, insluitende die bruid en bruidegom.
  • Tyd is ‘n belangrike faktor by troue.  Soos ons dit al voorheen bespreek het in ‘n advies artikel “Die Belangrikheid van ‘n tydlyn” op Mooi Troues, so maak seker dat die bruid op tyd is en perfek lyk die oomblik as sy uitklim by die seremonie.
  • Help die bruid om gemaklik te wees as sy in die gang afstap tot by die kansel.  As die bruid by die kansel kom, neem haar ruiker sodat sy haar man se hand kan vashou en nie die ruiker op die grond hoef te gooi nie.
  • As die paartjie nie getuies het om as getuies te teken nie, maak seker dat jy bereid is om te teken as ‘n getuie in die trou register.
  • Maak seker dat die bruid iets eet by die onthaal.  Baie bruide wil nie eet nie, maar dit is belangrik om iets te eet en wel lekker gevul is met heerlike warm kos.  Dit is tog juis waarvoor die paartjie betaal het.
  • Jy moet amper soos ‘n gasvrou wees by die onthaal.  Maak seker almal is gemaklik insluitende die bruidspaar en albei ouers.

Gustav Klotz Photography4

Artikel Krediet: