Dinge wat bruide dikwels oor spyt is

Julle begin jul trou dag se beplanning.  Julle is oorweldig met al die trou advies en inspirasie wat julle op die internet en in tydskrifte sien.  Boonop het familie en vriende ook hul raad te lewer.  Dan is die stres van die begroting ook nog daar.

Ontspan, haal asem en lees die onderste trou advies deur wat julle dalk glad nie aan gedink het nie.

GOURBAN2


Het nie ‘n Videograaf gehuur nie

‘n Goeie en betroubare Fotograaf is van kardinale belang, maar paartjies dink ‘n hoër prys etiket gaan gepaard met professionaliteit.  Hier sal julle as paartjie deeglike huiswerk moet doen en ‘n fotograaf kies met ‘n bewese rekord.  Moet nie noodsaaklik die duurste kies nie. Probeer dan ook ‘n Videograaf in die begrotings in te werk.  Dan sal jul fotos en video hê om oor jare terug te kyk na jul spesiale dag.

‘n Onderhoud in persoon met ‘n fotograaf en videograaf word hoogs aanbeveel!  Dié diensverskaffers gaan soos jul skaduwee wees op jul troudag. Julle kan eers elkeen apart ontmoet.  Dan kort voor die troudag hul saam ontmoet. So kan hulle albei presies ingelig word wat van hul verwag word of julle troudag.

Asseblief maak seker dat die fotograaf jul die hoë resolusie fotos verskaf asook medium en/of lae resolusie. Maak dus ook seker of die videograaf in 720p of 1080p videos neem.  Met tegnologie wat so vinnig groei wil jul nie oor 5 jaar na ‘n swak beeld video kyk nie.


HOWLINGMOON


 Peusel happies na die Seremonie

Sorg asseblief dat daar peuselhappies en drink goedjies is terwyl jul die eerste fotos laat neem as pasgetroude paartjie. So ‘n fotosessie kan wissel van 45 minute na 2 ure.  Jul gaste sal jou verewig dankbaar wees as hulle iets kan eet en keel nat maak in die tyd.


GOURBAN1


Die liedjie vir die eerste dans

Elke paartjie het daardie een spesiale liedjie wat vir hulle iets beteken. Moet nie stres oor wat jou gaste van jul lied keuse dink nie, dit is jul dag en jul besluit. Dit help nie jy speel ‘n liedjie waarvan al jou gaste hou, maar het geen betekenis vir jou nie.


Oop kroeg rekening dilemma

Paartjies dink hul is baie oulik as hul ‘n vaste begroting vir die kroeg neer lê.  So kan die gaste eers op hul begrotings kan kuier voordat die gaste moet begin betaal vir drankies. Dit kan ‘n gemors afgee, want party gaste sal die duurste drankies eers bestel en die begrotings vinnig uitput. Stel eerder seker wyne, biere, sterk drank en koeldranke beskikbaar.  Die drinkgoed wat nie op die lys is nie is vir die gaste se eie rekening.


Hotel vir die trou-nag

Dit is vreeslik romanties om die eerste aand as Meneer en Mevrou deur te bring in ‘n hotel kamer van 3 ster of meer … Sink gou bietjie so daaroor .. Julle sal moontlik die laaste mense wees wat na die onthaal kan vertrek na al jul gaste aan beweeg het.  Julle sal seker eers in die vroeg oggend ure kan gaan slaap.  Uitgeput van die lang dag sal die vertrek tyd moontlik 11h00 wees vir die hotel kamer …

Slaap miskien net die aand van jul troue in ‘n goedkoper gaste huis en dan die volgende aand in ‘n luukse hotel kamer waar julle dan dit kan waardeer.


DearHeart


Familie fotos

Maak seker jul seremoniemeester weet hoe lyk julle familie en belangrike vriende.  Die Seremonie meester moet saam die fotograaf werk om die mense bymekaar te kry vir fotos saam julle as pasgetroude paartjie.


Die ruil van die rok

Jy mag moontlik jou rok huur.  Of indien jy ‘n rok laat ontwerp het en gekoop spesifiek vir jouself en nalaat vir toekomstige geslagte? Sal ons aanraai om ‘n addisionele rok te kies wat jy dalk voor die onthaal kan aantrek.  Sodoende te vermy dat die gehuurde rok of spesiale ontwerpte rok moontlik vuil kan raak of skade opdoen.  Wees ook slim met skoen keuses. Kies vir jou gemaklike skoene om later die aand te dans en om lang tye te staan.


Trou advies artikel geskryf: Mooi Troues