Advies vir buite troues

Nikki-Meyer2


Foute wat gemaak word wanneer ‘n buite-lug troue beplan word

Die Somer seisoen se aande is warm en dit mag na ‘n goeie idee klink om jul mooi troue buite te vier met ‘n pragtige sonsondergang, Majestueuse uitsig, verfrissende skemer kelkies en die lys is baie lank. Ons deel vandag ‘n paar wenke met julle om die buite-lug droom troue ‘n wonderlike ervaring te maak met die moister herinneringe.


‘n Buite-lug Seremonie en Plan B

Asseblief maak seker daar is genoeg beskerming en sambrele vir jou gaste vir jul Seremonie.  Baie paartjies trou so 3nm en die Afrika son is nog warm.

Moeder natuur bied ons fantastiese agtergronde om mee te werk wanneer dit kom by ‘n buite-lug troue beplan, maar Moeder natuur het ook ‘n temperament van haar eie. Op jou troudag mag dit reen of die wind kan onverwags opkom en alles net onplesierig maak. Dink aan opsies soos markies tent, groot sambrele oor die tafels of goeie beskutting.


Die troukoek

Gewone versiersel mag nie in die hitte mooi bly nie, dus bespreek met die baker van jul trou koek die opsies wat sal hou in die Somer se warm aande.  ‘n Fondant koek sal dalk net die truuk hier doen.


Nikki-Meyer


Kussings op stoele

Nie net sal jou gaste gemaklik sit nie, maar sal hulle jou dankbaar wees dat hul nie gaan brand van die warm stoele nie.


Son beskerming en Gogga-Afskrikmiddels

Onthou die Sonbrand room. ‘n Goeie idee is om klein botteltjies by elke gas se sitplek op die tafel neer te sit. Julle kan die klein botteltjies sel versier met jul name en trou datum op. Alkoholiese drankies en die warm Afrika son mag op ‘n ramp afstuur en jou gaste mag lyk soos krewe voor die voorgereg bedien is.

‘n Buitelug troue op ‘n mooi Somers aand langs ‘n dam omring met bome waar uit liggies hang klink idillies, maar onthou dit is die perfekte resep vir ongenooide gaste soos muskiete en ander insekte of goggas. Maak ook ‘n gogga-afskrikmiddel wat jy saam die son beskerming vir jou gaste by hul plekkie om die tafel kan sit.


Nikki-Meyer4


Die Aperitief en Hidering

Kies peuselhappies wat nie sal smelt of bederf in die warm Somer weer nie. Gesmelte kaas en smere is nie ‘n sjiek voorkoms nie.

Hou asb bottels met water ook op ys. ‘n Oulike idee is om die water eers te geur met verskillende vrugte voordat julle dit bottle.


Materiale vir die rokke

Jy beplan jou droom troue in die mooi buite lug op ‘n Someraand, maar maak net seker dat die materiaal van jou trourok en die rokkies van jou Strooi miesies die hitte kan weerstaan. Kies eerder ‘n ligter materiaal en ‘n korter snit vir jul rokke.


Nikki-Meyer3


Artikel geskryf deur Jaun Laubscher van Mooi Troues
Fotos van troue: Hannes en Maret