‘n Romantiese wegbreek na Abalone House

Pasgetroude paartjies is altyd opsoek na oulike wittebrood wegbreek plekkies. Verloofdes of selfs net paartjies in ‘n verhouding hou van romantiese plekkies weg van die besige stadslewe en geraas. Ons wys vandag vir jou Abalone House and Spa.

By die vyf-ster Abalone House and Spa is dit maklik om jou droom te beleef.  Geleë in die prentjie mooi visserman dorpie, Paternoster, is die die perfekte plek om te gaan ontspan. Abalone House and Spa is ‘n intieme 10 kamer boetiek hotel.  Hulle is bekend vir hulle Tretchikoff-geïnspireerde dekor en allerhoogste luuksheid.  Die kamers is ontwerp rondom ‘n rustige, sentrale binnehof met ‘n kristalhelder swembad.  Agt van die kamers het see-uitsigte en van hulle het ook ‘n intieme buite area waar jy kan ontspan.  Lees meer oor die spa en top restaurant onder in die artikel.

Abaolone House on Mooi Troues_0003 Abaolone House on Mooi Troues_0001 Abaolone House on Mooi Troues_0002 Abaolone House on Mooi Troues_0004 Abaolone House on Mooi Troues_0005 Abaolone House on Mooi Troues_0006Cocodash

Paternoster:


Geleë in die idilliese vissersdorpie met sy uitgestrekte wit strand, is Abalone House.  Soggens kan jy op die strand gaan stap en sien hoe die plaaslike vissermanne dou voor dag hulle bootjies die see in stoot vir die dag se vangs.  Daarna kan jy te voet deur die dorpie stap en al die winkeltjies en stalletjies besoek terwyl plaaslike kinders hulle handgemaakte skulp halssnoere aan jou probeer verkwansel.

Die Healing Earth spa by die hotel is net die regte bederf na so ‘n uitstappie.  Dit is iets baie besonders vir gaste.  Die spa het vier behandelings-kamers met ‘n pragtige solder ruimte wat spesifiek ontwerp is vir paartjies sowel as ‘n holistiese sout terapie kamer.  Hier doen soutkristalle hulle betowerende wonders aan liggaam en gees.

Kwaliteit inheemse bestanddele word gebruik in alle behandelings: Geniet drankies soos maroela, Kalahari spanspek en Pinotage. Energie spa-behandelings, insluitend liggaam skrop, massering en gesigbehandeling is die ideale manier om jouself te bederf en ook jou batterye te herlaai.  Verpersoonlik jou dag met hul verskeidenheid pamperlang pakkette of word gelei deur bekwame professionele terapeute wat vir jou ‘n persoonlik gepaste terapie sal aanbeveel.

Abaolone House on Mooi Troues_0009Abaolone House on Mooi Troues_0013 Abaolone House on Mooi Troues_0014

Eet:


Wat is ‘n heerlike wegbreek dan nou sonder heerlike topgehalte kos!  Een van ons gunsteling restaurante, Reuben’s is gebaseer by die Abalone House.  Dit is definitief die plek waar jy heerlike kos sal vind.  Reuben Riffel is ‘n gevierde huishoudelike naam in Suid-Afrika en is bekend vir sy kulinêre bekwaamheid.  Hy kies die beste plaaslike bestanddele, behandel hulle met respek en berei hulle pragtig voor om unieke smaak sensasies te skep.

Met die eindelose uitsig oor die Atlantiese Oseaan van beide die dek bo wat ‘n verhitte borrelbad huisves en die restaurant dek onderm is Abalone House & Spa die perfekte romantiese wegbreek plek.  Dit is slegs ‘n uur en ‘n half se ry vanaf Kaapstad en dit voel of jy in ‘n ander wêreld is!

Abaolone House on Mooi Troues_0015 Abaolone House on Mooi Troues_0016 Abaolone House on Mooi Troues_0017

Kontak Abalone House:


Vir meer inligting en om te bespreek, bel Abalone House and Spa direk by 027 022 752 2044.  Jy kan ook ‘n e-pos suur ‘n na info@abalonehouse.co.za.

Abaolone House on Mooi Troues_0018

Artikel Krediet: