Marinus & Anri se verlowing

Ons deel vandag Marinus en Anri se verlowing fotosessie met jou, die paartjie het ontmoet by ‘n verjaardag partytjie, ‘n week later vir ‘n koffie  gegaan en die res is geskiedenis.  Hulle het verloof geraak op die kabelkarretjie by die Hartebeespoortdam tussen die mooie natuurskoon.  Ons wens die paartjie baie sterkte toe vir hulle troue môre in Noordwes.  Geniet die paartjie se mooi fotosessie wat by die Noordwes Universiteit Potchefstroom Kampus geneem was.

Anri & Marinus se verlowing_0002 Anri & Marinus se verlowing_0003

Hoe het julle ontmoet?


Ons het op 30 April 2013 ontmoet met ʼn gemeenskaplike vriendin se verjaarsdagpartytjie. ʼn Week later het Marinus my gevra om saam met hom te gaan koffie drink en soos hulle sê: “The rest was history”.

Anri & Marinus se verlowing_0004 Anri & Marinus se verlowing_0005 Anri & Marinus se verlowing_0006 Anri & Marinus se verlowing_0007 Anri & Marinus se verlowing_0008 Anri & Marinus se verlowing_0009 Anri & Marinus se verlowing_0010 Anri & Marinus se verlowing_0011

Hoe het julle verloof geraak?


Op 14 Maart 2015 het ons vir die dag Hartbeespoort toe gery om die dag daar te gaan spandeer en kabel karretjies te gaan ry. In die kabel karretjie oppad na bo het Marinus die mooiste goed vir my gesê en in die klein spasie tussen die twee banke in die kabel karretjie op sy knie gaan staan en die groot vraag gevra. Ek was so geskok en verras dat ek hom eers ʼn antwoord gegee toe ons bo op die berg moes afklim. Die dag was baie spesiaal!

Anri & Marinus se verlowing_0012 Anri & Marinus se verlowing_0013 Anri & Marinus se verlowing_0015 Anri & Marinus se verlowing_0016 Anri & Marinus se verlowing_0017 Anri & Marinus se verlowing_0019 Anri & Marinus se verlowing_0020 Anri & Marinus se verlowing_0021

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: I DO Photography