Jac & Lizelle se mooi selfdoen troue

Lizelle het Jac se hart gesteel met ‘n soet Fudge Smudge Latté wat sy vir hom as ‘n verassing gemaak het toe hy die eerste by Lizelle en haar sussie se koffiewinkel ingeloer het.  As dit is hoe die paartjie se liefdes verhaal begin het is ons baie opgewonde om eendag hulle lewensverhaal te kan hoor.  Die paartjie het verloof geraak op hulle een jaar herdenking as ‘n paartjie op op die agterkant van Jac se bakkie met die kap afgeslaan en op die uitkykpunt die stad se liggies gesit en kyk.  Ons deel vandag met jou die oulike paartjie se mooi selfdoen en lekker Afrikaans troue met jou.

Jac & Lizelle_0001 Jac & Lizelle_0003 Jac & Lizelle_0004 Jac & Lizelle_0005 Jac & Lizelle_0006 Jac & Lizelle_0007 Jac & Lizelle_0008 Jac & Lizelle_0009 Jac & Lizelle_0010

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Jac was die nuwe boerseun op die dorp. Ek het net by almal gehoor hoe aantreklik die jong man is, maar hom nog nooit gesien nie. Ek en my sussie het ‘n koffiewinkel op die dorp. Ons het een aand ‘n funksie gehad en Jac het toe daar ingestap.  Toe ek hom sien het ek so bietjie oor my woorde gestruikel. Hy was die aantreklikste man wat ek al ooit gesien het. Hy het ‘n bestelling by my geplaas vir ‘n ‘verrassing’ en toe het ek vir hom ‘n Fudge Smudge Latté gemaak. Met die soetigheid (sê hy), het ek sy hart gesteel.

Jac & Lizelle_0011 Jac & Lizelle_0012 Jac & Lizelle_0015 Jac & Lizelle_0016 Jac & Lizelle_0017 Jac & Lizelle_0019 Jac & Lizelle_0020

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het vir ‘n naweek Pretoria toe gegaan vir ‘n mark waar ek uitgestal het en sy 29ste verjaardag!  Die Sondag het hy ‘n groot verrassing gereël om ook ons 1 jaar herdenking te vier!

Hy het ‘n hele verrassingspiekniek gereël met ‘n fotograaf wat die hele affêre sou afneem… 2 ure later – na ‘n groot gesukkel om die fotograaf op te spoor, omdat sy op die verkeerde uitkykpunt in die stad was, het ons toe maar die bakkie se kap afgeslaan en rustig gesit en kyk na die stad se liggies.

Jac het ‘n hele toespraak voorberei wat hy vir my wou sê voordat hy die groot vraag vra. Hy was so op sy senuwees dat hy baie deurmekaar gepraat het. Vandag lag ons lekker daaroor! Hy het toe op sy knieë gegaan en my gevra om met hom te trou en dit was die lekkerste oomblik ooit!

Jac & Lizelle_0021 Jac & Lizelle_0022 Jac & Lizelle_0023 Jac & Lizelle_0024 Jac & Lizelle_0025 Jac & Lizelle_0026 Jac & Lizelle_0027 Jac & Lizelle_0028

Advies vir ander paartjies:


Geniet elke oomblik van die troue beplanning. Betrek jou familie om te help – veral as dit ‘n selfdoen troue is, hulle waardeer dit ongelooflik baie en geniet dit om alles saam te beplan en te maak. Drink baie vitamien aanvullings en kry genoeg slaap!

Wees elke dag dankbaar dat jy met jou beste vriend kan trou en sê elke dag vir mekaar hoe dankbaar en lief julle vir mekaar is.

Jac & Lizelle_0029 Jac & Lizelle_0030 Jac & Lizelle_0031 Jac & Lizelle_0032 Jac & Lizelle_0033 Jac & Lizelle_0034 Jac & Lizelle_0035 Jac & Lizelle_0036

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Snap Photography
  • Venue: Montebello Estate
  • Spyseniering: Montebello Estate
  • Poeding en Troukoek: The Pantry
  • Blomme: Selfdoen
  • Hare: Mira Bella & Livia
  • Grimering: Connie van der Merwe & Chantel Roelofse
  • Trou skryfbehoeftes en geskenkies: Smitten. Ever After
  • Plattejoggie + Videograaf: Soundbytes
  • Vermaak:  Hofmeyr Smit, Stefaan van Zyl, Lize-Marie Bosman
  • Rok: Julie Wedderburn
  • Bruidegom Pak: Euro Suit
  • Ringe: Tanya Marais Jewellery