Ons gesels vandag met Towerbosch

Towerbosh_0001


Besigheid naam?

TOWERBOSCH AARDSKOMBUIS


 

Wat presies doen jou besigheid?

Towerbosch is ‘n spog familie styl restaurant en pragtige trou lokaal.


 

Towerbosh_0002 Towerbosh_0003 Towerbosh_0004


Ietsie interessant wat ons lesers van jou besigheid moet weet?

 Towerbosch het in 2013 die DSTV Eat Out toekenning gewen vir die beste “Country Style” restaurant in Suid Afrika asook die KLINK toekenning in 2014 vir die beste informele restaurant op ‘n wyn plaas. In Augustus dié jaar het Towerbosch trots weggestap met die TopVendor toekenning vir beste trou venue in die wynlande.


 

Towerbosh_0006 Towerbosh_0007 Towerbosh_0008


Hoe lank is jy al in die industrie?

LIZE BEUKES (Venue, restaurant & bemarkings bestuurder): 9 JAAR

MARQUERITE SCHUTTE (Venue, restaurant & bemarkings bestuurder): 8 JAAR


Wat doen jy as stokperdjie of om jouself besig te hou buiten jou besigheid?

LIZE BEUKES: Kuier graag saam met vriende & familie, stap in die natuur, boek lees en spandeer soveel moontlik tyd met my twee honde kinders.

MARQUERITE SCHUTTE: Geniet hardloop roete kompetisies, kuiers saam met familie & vriende, legkaart bou en vis vang.


Towerbosh_0009


Stuur vir ons meer inligting oor jou besigheid

Towerbosch is pragtige trou onthaal en die dekor is enige bruids paartjie se droom.  Dit is nie soos jou alledaagse trou venue waar jy duisende Rande moet spandeer op dekorasie nie.  Ons het ‘n plek ontwerp wat perfek is soos dit is sonder dat jy enige ekstra dekor hoef te huur en verseker bruide om minimale kostes op die dag te spandeer.

Towerbosch is een van die mooiste en kinder vriendelike omgewing vir middag of intieme funksies is in die pragtige Stellenbosch area.  Die grasdak restaurant is gelee in die draai van die berg stroom en omring deur hout en pragtige grasperke.  Die rots swembad en speelgrond sal jou kinders besig hou terwyl die groot mense egte Suider-Afrikaanse kos en wyn kan geniet.

Towerbosch is gesluit op Maandae en Dinsdae. Sondae bedien ons die baie bekende drie gang Country Feast spyskaart en deur die week ‘n heerlike A’ la Carte spyskaart.  Besprekings is belangrik.


Towerbosh_0010 Towerbosh_0011