Inspirasie vs regte troues

mooitroues_0001


Inspirasie teenoor jou regte troue kan nogal baie verskillend wees van mekaar.  Ons almal is mal oor Pinterest en ander sosiale media platforms wat jou help om die mooiste trou drome te skep. Elke toekomstige bruidjie wil graag ‘n prentjie mooi Pinterest troue hê.

Die realiteit is dat nie almal so ‘n tiepe troue kan kry nie en dit meeste mense dan negatief maak.

Van die verskille tussen ‘n inspirasie fotosessie en ‘n regte troue:


mooitroues_0002


Beplanning:

Gestileerde foto sessies is goed beplande inspirasie sessies vir toekomstige bruidjies om elemente in te neem en deel te maak van hulle troue.  Gestileerde foto sessies word in ‘n klein gekontroleerde omstandighede gedoen en diensverskaffers kan hulle talente uitleef.  ‘n Regte troue is groot maat en neem baie meer tyd om te beplan.


Begroting:

Gewoonlik met gestileerde foto sessies sit diensverskaffers koppe bymekaar en elke een van die diensverskaffers doen hulle deel om dan foto’s inruil te kry vir hulle talentvolle skeppings.  So meeste van die kere gee hulle meer as wat hulle moet en hoef nie noodwendig met ‘n begroting ingedagte te neem nie.

By ‘n regte troue het diensverskaffers ‘n begroting om ingedagte te hou.  So die bruidspaartjie kan nie verwag om ‘n duisend blomme uit die dak te laat hang as hulle begroting slegs twee blomme op die tafel toelaat nie.


Omgewing:

Jy moet in ag neem dat meeste van die omgewings vir gestileerde foto sessies mag dalk anders kan wees as jou tiepe trou omgewing.  Jy kan nie ‘n groen woud effek verwag in die middel van ‘n plaas nie.  So kies iets wat sal pas by jou droom trou omgewing of venue en die tiepe styl van jou troue.


mooitroues_0003


Realiteit:

Wees realisties wanneer jy Pinterest inspriasies stuur na diensverskaffers.

Maak seker jy sê vir die diensverskaffers watter elemente jy graag soek uit die inspirasie.  Dit is moeilik vir ‘n diensverskaffer om iets presies dieselfde te kloon.


Uniekheid:

Wat is die doel om ‘n trou inspirasie te kloon en dit glad nie aan te pas om dit jou eie te maak nie. Dan is jou troue glad nie uniek nie en letterlik net ‘n kloon van iemand anders se droom.

Wees uniek en maak dit jou eie.


mooitroues_0004


Ondervinding:

Vir gestileerde foto sessies gebruik blogs en tydskrifte diensverskaffers wat spesialiseer om ‘n seker Diens te lewer en iets wat uniek is te skep.  Moet nie verwag dat ‘n ander diensverskaffer dit presies op daardie manier moet doen nie.  Jou diensverskaffers mag die beste wees in wat hulle doen maar elke diensverskaffer het hul eie unieke manier om iets te doen en dit is nie te sê dat hulle nie die inspirasie kan doen nie, maar mag dalk net meer oefening nodig hê.  Soos voorheen gesê elke diensverskaffer het hy/sy niche.

Mooi Troues se advies vir toekomstige bruidspaartjies is om elemente uit inspirasie te neem en dit hulle eie te maak.  Op hierdie manier het jy die idee, maar pas dit aan om by jou venue, omgewing, persoonlikheid en begroting te pas.  Die manier is jy gelukkig en sal ‘n prentjie mooi troue hê sonder om depressief te wees.

Daar is niks verkeerd daarmee om ‘n mooi troue te wil hê nie en as jy dit kan bekostig of die diensverskaffers kan bekostig wat dit vir jou kan doen dan is dit fantasties.

Dit help nie jy probeer iets te doen wat jy weet kan nie goedkoop gedoen kan word nie. Dan gaan dit jou net depressief maak en maak dat jy nie jou troue se beplanning proses geniet nie.  Kyk byvoorbeeld meer kyk na selfdoen idees en goed wat meer inpas by jou leefstyl.  Daar is niks daarmee verkeerd nie.

Dit is jou spesiale dag en elke een verdien ‘n mooi troue.  Klik hier om na

die mooiste regte troues te kyk.


swart-decor-mooi-troues_0001