Christo & Melanie se pragtige verlowing

Dominique van Maiden Moose Photography het Christo en Melanie se pragtige verlowing foto sessie afgeneem en vir ons gegee om met jul te deel.  Gaan loer onder na die pragtige foto’s.


Christo en Melanie_0001Christo en Melanie_0002 Christo en Melanie_0003


Hoe het jul die eerste keer ontmoet?

Ons gesamentlike vriende wou ons al vir ‘n hele ruk aanmekaar voorstel, maar dit het net nooit sover gekom nie. Hulle het toe besluit om ons op 13 Februarie op ‘n “blind date” te stuur. Ons het baie lekker gekuier en dadelik “geclick”. So deur die aand het ek verduidelik dat ek bietjie verstrooid is en na ons groet op pad kar toe besef ek dat ek my ligte aan vergeet het. Baie skaam moes ek hom bel sodat hy by my kan kom wag. Ons het vir ‘n uur in die kar gekuier totdat iemand ons kom help het. Van daar af is ons verlief en verlore en het ek geweet saam hierdie outjie wil ek nog lank kuier.


Christo en Melanie_0004 Christo en Melanie_0005 Christo en Melanie_0006 Christo en Melanie_0007 Christo en Melanie_0008 Christo en Melanie_0009


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het besluit om vir ‘n naweek bietjie weg te gaan. Hy het vir ons plek geboek net buite Fouriesburg by die mooiste en romantiese plek. Dit was net ons, die natuur en 40 Alpakkas. Omdat daar nie elektrisiteit is nie, het ons kans gehad om rêrig kwaliteit tyd saam te spandeer.  Ek het gaan regmaak vir ons romantiese ete min wetende dat dit een van die beste aande van my lewe sal wees wat altyd ‘n baie spesiale herinnering sal bly. Op pad uit sien ek ‘n glasie champagne wat vir my wag met die instruksie volg die roos paadjie. Die paadjie met rose en kerse het my gelei tot die dek wat oor die dam uitkyk. Daar het hy vir my gewag op sy knieë met die mooiste ring.


Christo en Melanie_0010 Christo en Melanie_0011 Christo en Melanie_0012 Christo en Melanie_0013 Christo en Melanie_0014 Christo en Melanie_0015 Christo en Melanie_0016 Christo en Melanie_0017


Wanneer beplan julle op te trou?

Ons trou op 26 Maart 2016 by The Stone Cellar in Heidelberg.


Christo en Melanie_0018 Christo en Melanie_0019 Christo en Melanie_0020 Christo en Melanie_0021


Diensverskaffer: