Ons gesels met Christene de Coning Photography

Hoe het jy jou fotografie loopbaan begin?

As ‘n klein dogtertjie was ek baie lief vir kuns, ek en my pa het saam geskilder en het kuns aktiwiteite saam geniet. Dit is ‘n spesiale herinnering vir my en kuns het ‘n passie vir my geword.

Ek het grafiese kuns op skool gedoen en toe na skool besluit om ‘n Diploma kursus in Professionele Fotografie in Kaapstad te doen.  Vir ‘n tydperk van 2 jaar na my studies, het ek ervare trou fotograwe in die industrie soos Lauren Kriedemann, Nikki Meyer en Lizelle Lotter assisteer. Ek was hierdeur oortuig dat ek ook graag troues wou afneem en het toe selfvertroue in daardie tyd opgebou om dit te kan doen. Ek het toe my eie besigheid, Christene de Coning Photography, in 2012 begin en het sedertdien dit geniet om die laaste 3 jaar troues te kon afneem. Ek het deur hierdie ondervinding wonderlike paartjies ontmoet en ook goeie vriende in die trou industrie gemaak.


Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0001Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0002 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0003 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0004


Wat presies neem jy alles af?

Ek fokus op troues maar is ook baie lief vir portret fotografie.  Ek beplan twee gestileerde foto sessies wat ek nog die jaar gaan aanpak en sien baie uit daarna.  Naas troues en portret werk hou ek ook van landskap fotografie, my wonderlikste ervaring tot dusver was om die pragtige Griekeland te kon afneem.


Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0005 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0006 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0007 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0008


Vertel ons bietjie meer van jouself, waarvan jy hou en wat jy van hou om te doen in jou vryetyd?

Ek spandeer baie tyd met die mense in my lewe, my familie en vriende is vir my baie belangrik en ek koester die verskillende verhoudings wat ek het. Hulle ondersteuning en liefde laat my toe om te voel dat ek enige iets kan bereik en ek is dankbaar daarvoor. Ek is baie lief vir die water, ek swem ten minste 3 keer ‘n week by die gimnasium vir lekker ontspanning en goeie oefening. ‘n Balans in die lewe is vir my baie belangrik,ek hou daarvan om na my gesondheid en liggaam te kyk en goed te voel oor myself. Ek het ook ‘n passie vir reis, om die wêreld sien met sy mooi landskappe! Ek hou ook daarvan om nuwe mense te ontmoet en om van ander te kan leer!


Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0009 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0010 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0011


Waar sal jy graag nog in die toekoms troues wil afneem?

Daar is soveel pragtige plekkie in ons land. Ek het baie daarby gebaat om op die Kaapse omgewing te fokus aangesien dit so divers is maar sal ook toenemend nog by baie plekke in ons land troues wil gaan afneem.

Naas die Kaap wil ek baie graag nog ‘n troue in die bosveld gaan neem, ek het groot geword in Witrivier naby die Kruger Wildtuin en sal bitter graag troues aan daardie kant van die wêreld ook wil neem met die mooi goue sonsondergange. My groot droom is natuurlik om troues oorsee afteneem, veral Griekeland of Italië!


Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0012 Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0013


Enige brokkie advies wat jy kan gee aan trou paartjies?

Om ‘n troue te beplan vat baie tyd en moeite.

As ‘n trou fotograaf, weet ons hoe belangrik dit is om al die mooi elemente en oomblikke op jou troudag vas te vang, daar is ‘n paar belangrike faktore om in gedagte te hou wat kan lei tot die sukses van jou trou foto’s.

Eerstens, kommunikasie met jou fotograaf is noodsaaklik. As ‘n paartjie, het jy sekere dinge wat baie belangrik is vir jou op jou troudag. Bespreek dit met jou fotograaf en verstaan ​​ook die tyd wat die fotograaf nodig het vir hierdie foto’s wat vir jou belangrik is. As daar iets anders of uniek gebeur by jou troue, maak die fotograaf bewus daarvan.

Tweedens, vat die tyd om die tydslyn van jou troue vroeg te beplan. Dit is nooit te vroeg of te laat om met jou fotograaf te gaan sit en om ‘n tydslyn uit te werk vir beide van julle nie. Tydsberekening is die belangrikste faktor vir die fotograaf. Genoeg tyd vir elke deel van die dag, sal nie net die fotograaf die tyd gee wat hy of sy nodig het om elke deel van die dag vas te vang nie maar sal ook jou troue baie meer ontspanne vir jou maak en jy sal die dag kan geniet.

Derdens, diensverskaffers is baie belangrik, maak seker dat almal op dieselfde bladsy voor die troue is. ‘n Span wat gefokus is op die sukses van jou troudag maak al die verskil. Die diensverskaffers wat die fasiliteit, die blomme, dekor, grimering en hare hanteer is almal belangrik vir die fotograaf. As almal nie op dieselfde tydslyn werk nie, veroorsaak dit dat daar nie tyd is vir die fotograaf vir seker foto’s wat die paartjie graag sou wou hê nie.


Christine de Coning soos gesien op Mooi Troues_0014