Darryn & Heather se sagte troue


Darryn en Heather het ‘n pragtige liefdes verhaal wat opgeloop het na hul besonderse mooi trou dag by die asemrowende mooi White Light venue.

Die venue bestaan net uit wit met groot vensters om so veel moontlik natuurlike lig in te laat. Wanneer die venue so lig is laat dit jou dekor toe om te plof en die wit met natuurlike lig is enige sout werd fotograaf se droom.


Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0001 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0002 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het in die hoërskool ontmoet, waar ons saam skool gegaan het. Ons het baie goeie vriende in graad 11 geword en begin uitgaan aan die einde van graad 11 oor na ons matriek jaar. Dit is fantasties dat ons Matriekafskeid foto’s kan vergelyk met ons trou foto’s.


Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0004 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0005 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0006


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het verloof geraak op ons 10 jaar herdenking. Darryn het my verras deur ‘n bespreking van ‘n romantiese ete by ‘n pragtige restaurant by Hartbeespoort dam, genaamd die “Oriënt”. Hy het vir my gesê dit was ‘n familie-ete, want familie van oorsee was hier vir ‘n besoek. Toe ons daar aankom was die tafel op geset vir net twee. dit was ongelooflik romanties. dit blyk my die familie besoek was geen toeval en dat hulle almal in was op dit. Die volgende dag het my familie ‘n groot partytjie gereël vir my Ouma se 90ste en ons het ons verlowing saam haar 90ste gevier.


Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0007 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0008 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0009


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 10 jaar saam voordat ons verloof geraak het en ‘n jaar later het ons getrou. So 11 jaar saam voordat ons getrou het. Hoërskool liefdes.


Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0010 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0011 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0012 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0013 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0014 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0015 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0016 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0017 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0018 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0019 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0020


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Groei en leer saam.  Ervaar die lewe saam met jou lewensmaat.  Geniet mekaar deur saam te lag en sit altyd mekaar eerste. Wanneer dit kom by die troue, moet jul onthou dit gaan oor julle, so alhoewel almal  wil adviseer en ‘n meninge, gaan die troue oor julle twee as ‘n paartjie en moet julle persoonlike hede weerspieël.


Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0021 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0022 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0023 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0024 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0025 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0026 Darryn & Heather se troue soos op Mooi Troues_0027

Diensverskaffers: