Ons gesels met Wolfkop

Wolfkop_0001


Vertel ons bietjie van Wolfkop

Wolfkop is ’n 100 ha sitrus-boegoe-rooibosplaas ongeveer 20 km vanaf Citrusdal geleë.  Buiten die natuurreservaat wat spog met ’n luukse kampterrein (ding sagte groen gras!) reg op die oewers van die Olifantsrivier, kan jy ook hul wye oop ruimtes, stilte en onmeetbare uitsigte geniet vanuit een van vier selfsorg kothuise.


Wolfkop_0002 Wolfkop_0003 Wolfkop_0004 Wolfkop_0005


Watter aktiwiteite is daar by Wolfkop?

Met jou aankoms by Wolfkop spring gedagtes soos luilekker aande om die kampvuur met vriende, braai, sterre-kyk en laat slaap by jou op.  Maar daar is soveel meer.  Wolfkop is ryk aan diere lewe; as jy vroeg opstaan kan jy ’n paar wilde diere raakloop…. duikers, krimpvarke en skilpaaie en jy mag dalk ook op ’n luipaard spoor afkom.  Die groot verskeidenheid blomme in bloei gedurende Augustus en September is ook iets om te bewonder. Staproetes, berg fietsry, visvang in die dam of rivier, kano vaar op die rivier, San Boesmankuns, ongelooflike rotsformasies en fynbos is daar vir jou om te geniet.  En moenie vergeet van die Citrusdal gasvryheid en restaurante slegs 10 minute se ry van jou af nie.


Wolfkop_0006 Wolfkop_0007 Wolfkop_0008 Wolfkop_0009 Wolfkop_0010 Wolfkop_0011


Vertel ons van jul selfsorg eenhede?

Elke kothuis is uniek en stylvol versier in Afrika-kuns en aardse kleure.  TOLBOS, BOEGOE en BOTTERBOOM het elk twee slaapkamers met en-suite badkamers.  Kamers het koningin-grootte beddens met luukse perkale katoen linne. TOLBOS en BOEGOE het elk nog twee slaapbanke in die leefarea.  HARPUISHUIS het drie slaapkamers met elk ’n en-suite badkamer en twee slaapbanke.  Die kombuis is oopplan en goed uitgerus, insluitend vars lemoensap in seisoen en koffiebone vir daardie perfekte vars vroegoggend koffie op die stoep!  Die leefareas het hoe plafonne, gemaklike rusbanke (vir jou noodgedwonge middagslapie) en kaggels.  Dubbeldeure maak oop op ruim stoepe elk toegerus met ’n braaiplek, hangmat en jacuzzi.


 

Wolfkop_0012 Wolfkop_0013 Wolfkop_0014 Wolfkop_0015 Wolfkop_0016


Vertel ons meer van die kamp dorpe.

Die beste nuus is waarskynlik Wolfkop se unieke luukse “kampdorpe”.  Het jy nie ‘n tent nie en kampeer is nie ’n opsie nie?  Nie langer die geval nie!  Met jou aankoms by Wolfkop Camping Villages, is die beslommernis en logistiek van ‘n kampeernaweek iets van die verlede. Elke ‘kampdorpie’ (maksimum 6 versprei oor ‘n 200 m afstand) bestaan uit ‘n 7.5/10 vierkant Bedouin vryvorm-veldtent met ‘n uitstekende uitsig oor die water en een tot drie (afhangende van hoe groot die groep is) seiltente ondertoe opgeslaan, en toegerus met driekwart-matrasse (van digte skuim), katoen-beddegoed, komberse en handdoeke. Daar is ook ’n tenvolle toegeruste kombuisarea (kontrolelys beskikbaar), braairooster en toebehore, stoele, tafels, elektriese ligte, verkoelingshouer ens. Elke ‘dorpie’ het sy eie kragpunt, en daar is hangmatte – sodat jy kan vergeet dat kampering harde werk is. Gemeenskaplike ablusiegeriewe (warm storte en spoeltoilette), so ook die yskas, vrieskas en mikrogolfoond. Praat van ruwe verblyf in styl! Kanos/kajaks is beskikbaar vir verhuring – bring gerus jou eie as jy het.


Wolfkop_0017 Wolfkop_0018


Wat bied Wolkop vir paartjies wat daar wil trou?

En nou die pièce de résistance:  Jy kan die hele kampterrein huur as jy dit as ‘n trouplek of private partytjie wil gebruik. ’n Groot Bedouin-tent, dansvloer, ligte en spyseniering en DJ-opsies is beskikbaar.


Wolfkop_0019