Die liefdes verhaal is bitter oulik om rede Pierre en Mia mekaar van kleins af ken en hul ouers huis vriende is. Die manne van vandag word ook baie kreatief om die dames te vra om te trou. Genoeg verklap, lees en vind uit. Indien dit nodig is deel met ‘n ou wat beplan om sy meisie te vra om te trou Pierre se wenke.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Vyftien jaar terug het Twee Blonde kindertjies mekaar ontmoet in die huise van hul ouers. Saam groot geword, saam skool gegaan, saam Vakansie gehou & Saam ‘n lewenslange vriendskap gebou.
Hoe het julle verloof geraak?
Pierre het gereël met Twee vriende om vir Mia op n spesiale skatte jag te neem. Daar was altesaam Een-en-Twintig geskenke waar elke geskenk ‘n vraag gehad het oor wat die geskenk kan wees. Deur Twee wynplase getoer om by die groot verassing te kom, waar Pierre gewag het met die Een-en-Twingtigste geskenk. So het ons verloof geraak met die son wat sak, piekniek plekkie en ‘n verassing op die vinger.
Wanneer beplan julle om te trou?
14 Maart 2015 is die spesiale dag wat ons uit gesit het vir die GROOT dag van ons lewens.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lucille Scheepers Photography
- Grimering en Hare: Mia’s Make-Up
- Venue: Vergelegen