{Skryfbehoeftes} Platejoggie Liedjie versoek

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

Melissa van Pretty in Stains het die oulikste kaartjies vir liedjie versoeke ontwerp, wat jy gratis van Mooi Troues kan aflaai vir jou troue.

Die kaartjies is ‘n funksionele bykomstigheid wat op elke tafel óf naby jou platejoggie geplaas kan word. Jou gaste kan dan hulle liedjie versoeke daarop neerskryf en dit aan die platejoggie gee. Só sal jou platejoggie nie deurmekaar raak met liedjie versoeke van gaste nie of iemand se versoek vergeet nie.

Dit is so ‘n oulike idee en ietsie wat elke troue nodig het.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

Diensverskaffer:


Pretty in Stains