Christian & Melani se troue by Florence Guest Farm

Die paartjie het getrou by Florence Guest Farm in Mpumalanga.  Melani het almal se asems weg geslaan in in trourok van Bridal Manor.

Christian en Melani het mekaar ontmoet toe hulle baie jonk was, maar eers op universiteit vir ‘n koffie gegaan wat gelei het dat dié twee later verlief geraak het.  Hul besef hul is albei jonk, maar het mekaar goed geken na ‘n tyd van uitgaan.  Albei oordink situasies teveel, so toe Christian vir Melani gevra het om te trou het sy geweet dat Christian haar trou man is.

Lees onder meer oor hulle liefdesverhaal.

Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Christian was ‘n eerste jaar student op Tukkies en ek steeds op skool toe ons mekaar ontmoet het by ‘n braai van gemeenskaplike vriende. Soos die lot dit sal hê, het ek ook begin studeer op tukkies. Christian het toe te hore gekom van die dame in sy midde en eendag uit die bloute het ek ‘n oproep van hom af ontvang om te hoor of ek ‘n tussen klasse vir koffie wou gaan. Koffie het in middagetes en toe in aandetes in gedraai en so het ons twee, onder die Jakaranda bome van Pretoria, verlief geraak.

Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Melani & Christian se troue soos gesien op Mooi Troues_0010 Florence Guest Farm Florence Guest Farm

Hoe het julle verloof geraak?


Christian het my weggeneem na ‘n Forelplaas buite Dullstroom.  Op 29 Junie 2013 het hy my vergesel na ‘n piekniekmandjie onder ‘n groot boom. Binne die mandjie was daar ‘n boksie met “Melani” bo-op geskryf sowel as die lekkerste kos.  Ek was so rasend honger dat ek die boksie opsy geskuif het.  Christian was skoon verbaas en het my aangemoedig om die boksie oop te maak. Soos ek die boksie begin oopmaak, het Christian op sy knieë neergesak. Al wat hy kon uitkry was “Melani, sal jy met my trou?” en eers na die “JA” woord het hy sy hart uitgepraat.

Florence Guest Farm Florence Guest Farm Pink Bridesmaids Dresses Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was vyf en ‘n half jaar saam voor ons getroud is.  Omdat ons op ‘n jong ouderdom ontmoet het, het dit ons kans gegee om mekaar werklik te leer ken, as vriende en as ‘n paartjie en ek sou dit op geen ander manier wou hê nie.  Die “regte tyd” hang af van persoon tot persoon en beide jul persoonlikhede.  Ek en Christian is albei mense wat ‘n saak deeglik deurdink en amper “oordink” en dit is ook heel waarskynlik die rede is vir ons lang kys.

Florence Guest Farm Florence Guest Farm

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Tydens die beplanningsproses: Onthou waaroor hierdie alles regtig gaan-verklaring van jul liefde vir mekaar voor God, jul familie en vriende en gee nie om wat gebeur nie, dit is iets wat niks of niemand van jul kan wegneem nie.

Op die troudag: Moenie jul bekommer oor die klein goedjies nie, daar sal dalk iets skeef loop, maar die beste is, net jul sal daarvan weet.  Neem gedurende die dag en aand net 5 minute per uur saam jou maat om als in te neem en te waardeer en werklik te besef dat jul een geword het.

Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm Florence Guest Farm

Diensverskaffers: