Jaco & Karien

_0765

Tydens ‘n ontspanne Afrika vakansie het die liefde begin blom tussen die twee pragtige mense. ‘n Jaar en 2 maande later op ‘n pragtige lente oggend in die Vaalharts skema, het Jaco haar hart bollemakiesie laat slaan! Goeie vriende het toe een oggend vir hulle genooi vir ‘n helikopter rit oor die vallei. Niksvermoedendes en baie opgewonde oor haar heel eerste helikopter rit verkyk sy haar aan die helder blou lug en groen pekaneut boorde onder hulle. Met die mooiste beloftes en ‘n droom ring vra Jaco haar om met hom te trou!! Verder het die tweetjies letterlik in die lug rond gesweef van verliefdheid! Die dag was afgerond met hartsvriende en familie wat hulle ingewag het met sjampanje om die mooi oomblik vir ewig vastelê.

Ons wil graag hê ons troue moet “magical” en uniek wees, waar ons hartsmense saam kuier en vrolik kan wees. Altwee van ons is lief vir die natuur en die plaaslewe daarom gaan ons, ons hartewens waar maak en fees vier op ons familieplaas.‘n Markiestent word op die wal van die Vaalrivier opgeslaan waar ons langtafels gaan dek met delft , koper, kristal, blomme, baie kerse en koesterkos om die bruilof te vier!!!

Hulle troue was 22 Maart 2014 op hul familieplaas, Riviersong in die Vredefort Koepel.

_0766 _0767 _0768 _0769 _0770 _0771 _0772 _0773 _0774 _0775 _0776 _0777 _0778 _0779 _0780 _0781 _0782 _0783 _0784 _0785 _0786 _0787 _0788 _0789 _0790 _0791 _0792 _0793 _0794 _0795 _0796 _0797 _0798 _0799 _0800 _0801Nanet Skead Photography