Raad: Koördineerder vs lokaalbestuurder

Just Jack Weddings het vir ons die beste Koördineerder vs lokaalbestuurder advies artikel geskryf.

pienk stileerde fotosessie - GUNTHERSCHUBERT.COM_0007

Just Jack Weddings se advies


Koördineerders word baie maal verwar met lokaal bestuurders. ‘n Lokaalbestuurder kan help met baie elemente, maar hulle bied nie die volle diens van ‘n koördineerder nie.  As mens terugdink aan so paar jaar terug, was dit nie algemeen vir bruidspare om gebruik te maak van ‘n koördineerder nie.  Tye het wel al so baie verander.  Deesdae moet mens soveel meer elemente inreken wanneer dit kom by die reëlings van die troudag.  Ons sal dit sterk aanraai vir elke bruidspaar.  Al maak hulle net gebruik van die dienste van ‘n koördineerder om te help op die dag sodat als glad verloop.  Ons stel dit nie net voor omdat ons in die industrie is nie.  Ons het baie passie vir ons eie industrie en voel dit is net regverdig vir ‘n bruidspaar om hul dag ten volle te geniet sonder enige bekommernisse.

Troues is so duur!  Dit is nie die moeite werd is om die dag deur te gaan met net die helfte van jou aandag op jou spesiale dag nie.  As bruidspaar moet julle elke oomblik geniet sonder om te dink aan die tydsverloop van die dag, of alles op skedule is, het almal iets te drinke, is die onthaalsaal korrek opgestel?  Nee, dit is nie goed waaroor julle as bruidspaar eers aan moet dink nie.  Dit is waar die koördineerder se werk inkom; Om seker te maak dat al hierdie elemente reg verloop.

Die koördineerder se werk begin egter baie lank voor die troudag. Die wonderlikste ervaring is om iemand te hê wat kennis dra van wat werk en wat nie.  Koördineerder dra kennis van die korrekte diensverskaffers om jou dag perfek te maak.  Hulle bou van dag een af ‘n verhouding met jou om te verseker dat julle ideale dag bestaan uit julle persoonlike feeverhaal.  Hulle is ook daar om julle op die regte pad te hou in terme van die begroting.

‘n Lokaalbestuurder help paartjies ook om hulle dag glad te laat verloop.  Maar hulle hoofdoel is om die skakel te wees tussen die bruidspaar en die lokaal self.  Hulle maak seker dat alles van die lokaal se kant in orde is.  Hulle bied nie noodwendig die diens om seker te maak dat alle diensverskaffers gereël is en op die regte tyd opdaag nie.


Krediet:

Teks: Just Jack Weddings