Veronica & Stephan se Troue

_1335

Veronica en Stephen het die mooiste troue gehad en die talentvolle Marli Koen het hulle spesiale dag vasgevang in foto’s. Die paartjie het onder die bome op ‘n pragtige plaas getrou. Plaas troues is baie in die mode en is elke meisie of jy van die stad is of die platteland is se droom om op ‘n plaas te trou soos Veronica en Stephen. Met ‘n wind pomp, mooie plaas vlaktes, mooi velde en pragtige sonneblomme was helder en regop staan. Die paartjie se trou dekor is baie mooi en modern met ‘n baie minimalistiese en skoon gevoel. Die res van die dag het hulle met vriende en familie deurgebring en ‘n baie groot makiete gehad. As jy mal is oor mooi plaas troues, dan moet jy na die oulike trou foto’s loer.

_1336 _1337 _1338 _1339 _1340

HOE HET JULLE VERLOOG GERAAK?

Stephan  is nie iemand wat kan wag nie. Hy sukkel om geduldig te wees met dinge wat hy regtig wil he. Ek neem aan ek was een van daai dinge.

Ek was een oggend net gese, ons gaan die naweek dam toe. Gariep dam in die Vrystaat. Die naweek was n droom, saam-saam het ons die klein juweeltjies van die Vrystaat gedeel en waardeer.

Ons het die damwal gestap, en toe ons by een van die uitkyk punte stop kon ek sien die mannetjie haal bietjie vinnig asem.

Hy het stadig begin (hy bewe erg as hy op sy senuwees is). Hy het gepraat oor die son en die pragtige natuur skoon, en net daar in die middel van sy sin, en in die middel van die Vrystaat vra hy my om sy vrou te word.

Ek het hom nie laat wag nie, en dadelik ja gese.

_1341 _1342 _1343 _1344 _1345 _1346 _1347 _1348_1378 _1379 _1380 _1381 _1382_1349 _1350 _1351 _1352 _1353 _1354 _1355 _1356 _1357 _1358 _1359 _1360 _1361 _1362 _1363 _1364 _1365 _1366 _1368 _1369 _1370

WAT HET JULLE DAG SPESIAAL GEMAAK?

Ons moes baie geduldig wees, want ons het lank gewag vir die dag. Ons was omtrent 3jaar verloof voor ons kon trou.

Die dag was pragtig, ongelooflik geseen met familie, vriende en n heerlikke fees atmosfeer.

Maar dit was die stil oomblikke met mekaar, die absoluute verwondering in Stephan se oe en die beloftes wat die dag laat vlieg het.

Geduld het gemaak dat die oomblikke tussen ons gelaai was met gevoelens en opgehoopte opgewondenheid.

Ek en hy het ons geword, dit was die beste dag ooit!

_1371 _1372 _1373 _1374 _1375 _1376 _1377_1383 _1384 _1385 _1386 _1387 _1388 _1389 _1390 _1391 _1392 _1393 _1395

Diensverskaffers:

Fotograaf: Marli Koen | Videograaf: Mari Geldenhuys | Make-up en hare: Cara Botha
Klank : Etron Bloemfontein | Kos: Bronwyn