Pedro & Raquel se troue

Pedro & Raquel se Troue (19)

Ons deel vandag Pedro en Raquel se mooi, kleurvolle troue met jou. Hierdié troue weerspieël die paartjie paartjie se pragtige persoonlikhede wat jy regdeur die foto’s kan sien.

Pedro en Raquel het by die pragtige Glenburn Lodge getrou en het self al hulle dékor gedoen. Die talentvolle Open Image Photography het die foto’s geneem. Die paartjie se troue is definitief ‘n wenner en ietsie anders as die gewone. Dit is helder, vol lewe en het langs ‘n groot dam plaasgevind.

Lees meer oor Pedro en Raquel se ontmoeting en liefdesverhaal en geniet die foto’s.

Pedro & Raquel se Troue (1) Pedro & Raquel se Troue (2) Pedro & Raquel se Troue (3) Pedro & Raquel se Troue (4) Pedro & Raquel se Troue (5) Pedro & Raquel se Troue (6) Pedro & Raquel se Troue (7) Pedro & Raquel se Troue (8) Pedro & Raquel se Troue (9) Pedro & Raquel se Troue (10) Pedro & Raquel se Troue (11) Pedro & Raquel se Troue (12) Pedro & Raquel se Troue (13) Pedro & Raquel se Troue (14) Pedro & Raquel se Troue (15)

Hoe het julle verloof geraak?

Ons storie is nou nie een van daardie waar ons op skool ontmoet het en dadelik geweet het dat ons vir altyd saam wou wees nie. Ek was 16 en Pedro was 17 toe ons begin uitgaan het. En kom ons wees eerlik, op daardie ouderdom dink jy nie dis jou trouman nie. Wat wel gebeur het is dat ons ‘n vriendskap ontwikkel het oor die jare – en beste vriende geword het. En in ons 20’s het daardie  vriendskap verander in ware liefde.

So vir amper 12 jaar was ons elk geseënd met ‘n beste vriend op wie ons toe verlief geraak het en nou die res van ons lewens saam wil spandeer.

Die verlowing: As jy vir so amper 10 jaar al ‘n verhouding met ‘n person het, ken jy daardie persoon sommer baie goed. Ek het oorspronklik gedink dat Pedro my gaan vra om te trou op ons 10 jaar herdenking (hy het na die tyd erken dat dit die plan was).

Maar vroeg die oggend voor ons sou vertrek uit London om in Malta te gaan woon, het hy in ‘n paniek wakker geword, aangetrek en gesê hy sien my later.

My eerste gedagte “hy twyfel oor ons en die verhuising na Malta!”

Na ure se vlinders op my maag het hy eindelik terug gekom – hy was skoon bleek, het amper siek gelyk. Hy’t gevra of hy privaat met my kon gesels – dadelik het ek probeer dink aan dinge wat ek kon doen om hierdie gesprek uit te stel.

Ons het ‘n stappie buite gevat (en glo my dit was nat en koud soos net London kan wees in November). Voor ek enigiets kon sê het hy begin praat oor Malta en hoe alles gaan uitwerk, hoe ons sonder voorval geïmmigreer het na Londen en dat hierdie dieselfde sou wees. Na hy so 5 minute aangerammel het, het hy na my gedraai en gesê: “Raquel stop – wat ek probeer sê is…” en hy’t afgegaan op een knieg. Ek het sommer geweet wat kom. Ek glo nie ek het hom eens ‘n kans gegee om te vra nie! Ek het hom dadelik styf vas gegryp en gedruk en geskree “JA!!”

Trane van blydskap het gestroom en dit het so 2 minute gevat voor ek besef het hy hou steeds die ring boksie vas!

Die plan was om die groot vraag te vra op ons herdenking, maar teen daardie tyd sou ons alleen in Malta gewees het. En omdat Pedro weet hoe belangrik my familie vir my is, het hy besluit (dis wat al die siele wroeging veroorsaak het) om die vraag te ‘pop’ voor ons vertrek sodat ons dit kon vier saam met die mense vir wie ons die liefste is.

Pedro & Raquel se Troue (16) Pedro & Raquel se Troue (17) Pedro & Raquel se Troue (18) Pedro & Raquel se Troue (19) Pedro & Raquel se Troue (20) Pedro & Raquel se Troue (21) Pedro & Raquel se Troue (22) Pedro & Raquel se Troue (23) Pedro & Raquel se Troue (24) Pedro & Raquel se Troue (25) Pedro & Raquel se Troue (26) Pedro & Raquel se Troue (27) Pedro & Raquel se Troue (28) Pedro & Raquel se Troue (29) Pedro & Raquel se Troue (30) Pedro & Raquel se Troue (31) Pedro & Raquel se Troue (32) Pedro & Raquel se Troue (33)

Wat het jou troudag so spesiaal gemaak vir jou?

Ons familie en vriende. Die dag voor ons troue het ons koördineerder bedank, ons het ‘n oproep ontvang om te sê hy gaan nie meer beskikbaar wees om ons troue te oorsien die volgende dag nie. Enige bruid se grootste nagmerrie. Hy was veronderstel om die dékor in die kapel en onthaalsaal te versier dáárdie aand. So in plaas daarvan om ‘n rustige aandjie te hê saam met my bruidsmeisies, het ons (tesame met ‘n paar ekstra familielede en vriende) alles gaan doen. Ek sal nooit genoeg dankie kan sê vir al hulle harde werk nie. Ons is so baie lief vir julle almal! Julle het gesorg dat ek en Pedro ons droom troue gehad het.

Pedro & Raquel se Troue (34) Pedro & Raquel se Troue (35) Pedro & Raquel se Troue (36) Pedro & Raquel se Troue (37) Pedro & Raquel se Troue (38) Pedro & Raquel se Troue (39) Pedro & Raquel se Troue (40) Pedro & Raquel se Troue (41) Pedro & Raquel se Troue (42) Pedro & Raquel se Troue (43) Pedro & Raquel se Troue (44) Pedro & Raquel se Troue (45) Pedro & Raquel se Troue (46) Pedro & Raquel se Troue (47) Pedro & Raquel se Troue (48) Pedro & Raquel se Troue (49) Pedro & Raquel se Troue (50) Pedro & Raquel se Troue (51) Pedro & Raquel se Troue (52) Pedro & Raquel se Troue (54) Pedro & Raquel se Troue (55) Pedro & Raquel se Troue (56) Pedro & Raquel se Troue (57) Pedro & Raquel se Troue (58)

Watter advies kan jy gee aan paartjies?

Om ‘n troue te beplan veroorsaak baie stres. Maar staan bymekaar en ondersteun mekaar – dit sal julle sterker maak as ‘n paartjie. Moenie stry oor die klein dingetjies nie, dis nie dit werd nie. Jul troue is een van die belangrikste dae van jul lewens, maar ek belowe die dae wat daarna volg is nog beter!

Pedro & Raquel se Troue (59) Pedro & Raquel se Troue (60) Pedro & Raquel se Troue (61) Pedro & Raquel se Troue (62) Pedro & Raquel se Troue (63) Pedro & Raquel se Troue (64)

Diensverskaffers:

Fotograaf: Open Image Photography