Bourgogne & Pers Stileerde Inspirasie

Bourgogne en pers is die inspirasie-kleure vir vandag se stileerde fotosessie wat by die pragtige Simondium Country Lodge plaasgevind het.

Die onafgewerkte gevoel van die stal pas so mooi in by die tema van dié gestileerde inspirasie.  Hierdie soort tema kan gebruik word vir beide winter óf lengte troues. Na vandag inskrywing kan julle wegspring met die beplanning van jul winter troue vir 2015.

Hannes van KRAAK was verantwoordelik vir die stilering, Mabel en Carin van DIE GIETER vir die blomme en Günther Schubert vir die neem van die foto’s. Ons sal aanbeveel dat hierdie soort donker kleurskemas gebruik word vir ‘n lekker plaastroue.

Dit is so maklik om eintlik by enige iets te gebruik, solank dit inpas by die onthaalarea wat jy gekies het. Dit is ‘n maklike tema om self te skep en aanmekaar te sit met uitgedroogde blomme, materiaal, outydse eetgerei en mooi helder rooi vrugte. Chantelle van Chantelle Landman Grimering het weer model gespeel. Die rok wat sy dra kom van Ever After Gowns in Durbanville.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

Diensverskaffers: