Jonathan & Joanne se troue

Jonathan en Joanne het by die pragtige Oakfield Plaas getrou.  Hulle kleurskema was ‘n sagte pers.   Pers is die kleur van 2014 en die nuutste tendens. Die pret gevoel van Jonathan en Joanne se troue is wat ons aandag die meeste getrek het.  Die tekkies wat hulle albei aangehad het is seker een die gemaklikste skoene wat jy kan dra op jou troue!

Hulle het dit goed reg gekry om ‘n speelse gevoel in te werk by hul troue, maar dit nogsteeds formeel te laat voorkom. Open Image Photography het die mooi foto’s geneem van hulle spesiale dag.

_0885 _0886 _0887 _0888 _0889 _0890 _0891 _0892 _0893 _0894 _0895 _0896 _0897 _0898 _0899 _0900 _0901 _0902 _0903 _0904

Hoe het julle verloof geraak?


Dit het als begin toe Jonathan amper elke tafel speletjie teen my verloor het.  Natuurlik was hy nuuskierig om my bietjie beter te leer ken.  Ons het die voordeel gehad om saam te werk, so ons het mekaar vyf dae ‘n week gesien.  Dit het dit maklik gemaak vir ons kantoor-romans om te blom.

Na ‘n rukkie was vyf dae ‘n week nie meer genoeg nie!  Ons in die aande óók begin uitgaan.  Ons het sommer vinnig besef dat ons altyd saam wil wees en van toe af is ons onafskeidbaar! Daar’s nie veel dinge beter in die lewe as om met jou beste vriend te trou nie.

_0905 _0906 _0907 _0908 _0909 _0910 _0911 _0912 _0913 _0914

Wat het julle dag spesiaal gemaak?


Al die pret “agter die skerm” dingetjies soos ons dankie geskenkies.  Ons wou graag vir ons gaste botteltjies konfyt gee met die boodskap ‘Spread the love.’  Die idee was om die konfyt self te maak.  Dit sou nie net ietsie lekkers vir jou gaste wees om die dag te onthou nie, maar ook die tyd en moeite wat ons saam daarin sou belê om iets handgemaak vir ons gaste te kon gee. Maar ek het vinnig besef dat dit onrealisties was om vir 80 mense konfyt te probeer kook!  Veral as jy dit nog nooit gedoen het nie.  So met die hulp van Google en Spar, het ons geleer hoe om geblikte konfyt warm te maak en te verseël in glas bottels.

Ons eerste dans was óók baie spesiaal.  Ons het vir dans lesse gegaan amper ses maande vóór die troue.  Dit het so bietjie oortuiging gevat van my kant om Jonathan te laat besef dat Gangnam Style uit is, en Michael Bublé in. Van die begin af het ek geweet dat om met ‘n ingenieur te trou beteken dat elke tree getel sou word, en dat daar nie plek was vir foute nie.  Ons het selfs vir ons laaste dans klas 5 ure voor die troue gegaan!

Dáárdie aand het alles goed begin.  Elke tree was op plek, die orkes het ons spesiale liedjie gespeel en ons is sonder voorval deur die eerste helfte van ons dans. Toe kom ons by die tweede deel en my ingenieur het ‘n tree gemis.  Al wat ek kon dink is: moet ek maar oorskakel na Gangnam Style?  Daar was ‘n vinnige pouse, ‘n kort gesprek oor wat volgende moes gebeur en ‘n ligte stoot in die regte rigting.  Ek dink nie ons gaste het dit eers raak gesien nie, maar dit was beslis iets waaroor ons gelag het ná die tyd.

_0915 _0916 _0917 _0922 _0923 _0924 _0925

 

_0926 _0927 _0928 _0929 _0930 _0931 _0932 _0933 _0934 _0935 _0936 _0937 _0938 _0939 _0940

Raad vir ander paartjies:


Van die beste trou advies wat ons van ander paartjies af gekry het, was dat ons op die dag tyd moes vat om te waardeer wat om ons gebeur.  Daar is soveel wat aangaan dat mens soms die fyner detail mis.

Óók, moenie bekommer dat dinge op die dag nie gebeur soos julle beplan het nie.  Dis gewoonlik daardie verrassings wat jy sal onthou.   En laastens, maak seker dat jy in ‘n goeie fotograaf belê.  Jou foto’s is al wat jy oor het as herinnering van die beste troue ooit.

_0941 _0942 _0943 _0944 _0945 _0946 _0947 _0948 _0949 _0950 _0951 _0952 _0953 _0954 _0955 _0956 _0957 _0958

Diensverskaffers:

Fotograaf: Open Image Photography | Venue: Oakfield Farm