Olive Rock { Trou Venue }

Olive Rock is geleë tussen die mooiste vrugte plase tussen Tulbagh en Ceres in die Witzenberg Vallei slegs 90 minute vanaf Kaapstad. Omring deur berge in die banke van die Breede rivier skep dit die mooiste prentjie vir ‘n troue.

Hierdié pragtige onthaalarea is ideaal vir kleiner troues van ongeveer 60 gaste en ook ‘n lekker groot troue omdat dit tot en met 200 gaste akkomodeer. Pryse wissel van R 10 000 (in die winter) en begin by ongeveer R 14 000 gedurende somer-maande. Baie billik is vir só ‘n pragtige venue.

Alhoewel Olive Rock bekend staan vir troues is dit óók ‘n funksie venue. Die Catle Rock craft beer, wine en cider skou vind jaarliks hiér plaas. Jy kan hulle webtuiste besoek vir meer inligting.

By Olive Rock hoef jy nie bekommerd te wees oor akkomodasie nie, want in dié omgewing is pragtige gastehuise en hotelle waar jou gaste goed na omgesien sal word en ‘n heerlike rustige wegbreek kan maak terwyl hulle na jou troue toe kom.

So as jy opsoek is na ‘n pragtige trou venue in die Ceres en Tulbagh area, doen jouself ‘n guns en kontak Olive Rock, jy sal definitief nie spyt wees nie.

 Olive Rock - Love Made Visible Photographer_0002Olive Rock - Love Made Visible Photographer_0003Olive Rock - Love Made Visible Photographer_0004Olive Rock - Love Made Visible Photographer_0005Foto krediet: Love Made Visible Photographer ( al die boonste foto's )
Olive Rock - Love Made Visible Photographer_0006Foto Krediet: Kelland Photography
Olive Rock - Michelle Joubert Photography_0001Olive Rock - Michelle Joubert Photography_0002Olive Rock - Michelle Joubert Photography_0004Foto krediet: Michelle Joubert-Martin Photography ( al die boonste foto's )

Olive Rock - Modern Heart Photography_0001 Olive Rock - Modern Heart Photography_0002

Foto krediet: Modern Hearts ( al die boonste foto's )