Marius & Lindi se prag troue

Marius en Lindi wou nie, soos almal, ‘n doodgewone troue hou nie, maar ‘n bruilofsfees.  Hulle besluit toe, dié feesviering moet by De Oude Werf in Bronkhorstspruit plaasvind .

Marius en Lindi het persoonlike koerantjies vir hul groot dag bymekaar gesit, dit is baie spesiaal en was baie waardeer deur gaste.  Programme soos hierdie gee gaste bietjie agtergrond en stories van die paartjie asook inligting t.o.v die dag se skedule.

Terwyl Marius en Lindi besig was met hul fotosessie het die gaste lekker onder die bome baljaar en draai roomys geniet. Ons wens ons was óók daar om die geleentheid te vier. Onthou dat dit baie belangrik is om alles goed te beplan vir die dag van jou troue, dit sal baie minder stres voorkom.


Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007


Wat het jou troudag só spesiaal gemaak?

Ons wou ‘n bruilofsfees hou nie net ‘n troue nie. Ons het ‘n groep op Facebook begin en vir ses maande ‘n aftelling van die troue gehad. Ons gaste was net so opgewonde soos ons en kon nie wag om in ons droom te deel nie. Op 4 Januarie 2014 was die groot dag hier.  Die aandag wat aan detail gegee is en die verrassings wat telkens op ons gaste gewag het, het almal nou nog aan die praat. Die kapel was gevul met helder ballonne en spesiale geskenk pakkies vir elke gas.

Voor die kapel is yskoue drankies in outydse botteltjies bedien terwyl die gaste gewag het vir die kapel se deure om oop te maak. Die afwagting was groot. Persoonlike koerantjies is uitgedeel met ons stories en die program vir die dag in. Kerse was langs die paadjie aangesteek vir ons Engele wat nie daar kon wees nie. Die diens was soveel pret en daar was soveel kosbare oomblikke gewees. My pa wat die trou musiek summier laat stop het toe ons halfpad op pad was na die kansel toe en eerder ”Die Superhero – song” vir Marius gespeel het, het almal aan die lag gehad. Marius se mooiste troubeloftes het weer almal in trane gehad.

Laventel en springmielie konfetti in die mooiste dollies van kant en lint terwyl die gaste klokkies lui en ons die mooiste toewens, Die ballonne wat elke gas saam met ‘n spesiale gebed vir ons opgestuur het na die diens was regtig so spesiaal. Na die diens het ons gaste basaar gehou onder bome versier met honderde hartjies en dennebolle, terwyl ek en Marius foto’s gaan neem het. Hul  het  draai roomys en spookasem geniet wat saam met vrugte sosaties en ander eetgoed bedien is. Ons hoor dit was ‘n fees! Die onthaal saal was ‘n koel hemel wat die gaste se asems weg geslaan het. Oud-wêreldse pienk en koraal. Die saal was ongelooflik mooi versier met kandelare en kristalle, kerse, tafeldoeke met lae kant, die mooiste ruikers.

Elke gas het nog ‘n geskenkie ontvang met ‘n skatkis boksie en Ferre-Roche sjokolade. Elke stoel het sy eie versiering met kristalle en dennebolle gekry. Gaste het by tafels aangesit met name soos KosbaarHart se punt ens. Ons het werklik probeer om ons gaste só te plaas dat hul by die tafel name pas, Lag het natuurlik vir baie pret gesorg en Engel was die tafel met al die dominees!

Ons instap lied in die saal was ‘Ring a bell – She is the one’’. Al ons gaste het met oorgawe hul klokkies gelui en Marius het soos Nelson Mandela by sy vrylating op Robbeneiland met sy vuis omhoog ons aankoms aangekondig. Ons bruilofsfees kon nou volstoom begin. Net twee toesprake is gehou. Dit was om dankie te sê vir ons ouers, ons verskaffers, vir mekaar en elke gas persoonlik te bedank vir die liefde wat ons ontvang het.

Ons seremoniemeester het ons aand baie spesiaal gemaak met sy stories en die gaste het gelag en dikwels trane afgevee. Die liefde in die vertrek was tasbaar.  Die spyseniering was ongelooflik! Die fotohoekie was ‘n wenner en die gaste moes wegsleep word om by die tydlyn te hou. Die kousband en blomme is gegooi, die troukoek gesny en toe kon ons dans. As laaste geskenkie en om ons dag vir altyd te onthou het elke gas ‘n laventel plantjie gekry om in hul tuin te gaan plant. Die aand was net te gou verby. Gelukkig het ons die DVD om na uit te sien en kan ons weer deur die foto’s die spesiale dag herleef.

As ek ons troue kan opsom in een woord sou dit sonder twyfel die woord “magic” gewees het.


Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0018 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0019 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0020 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0021 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0022 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0023 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0024 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0025 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0026


Enige advies wat jy vir paartjies wat trou kan gee?

Beplan deeglik. Kies jou datum, jou venue,  jou gevolg en jou seremoniemeester met sorg. Oefen jou troubeloftes, dans en toespraak. Moenie met jou maat en ouers baklei as die stres jou beet pak nie.

Dinge sal verkeerd, nee, anders verloop as wat jy dalk beplan het, maar moenie oor dit stres nie. Geniet die dag want dit gaan in ‘n oogwink verby. Die belangrikste is om in in ‘n goeie fotograaf en videograaf te belê. Jy gaan kosbare oomblikke vergeet wat hulle vir jou gaan vasvang.


Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0027 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0028 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0029 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0030 Marius & Lindi se troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0031


Diensverskaffers: