Groen op Groen Inspirasie

Ons bring vir jou ons tweede tafel-inspirasie, uit ons reeks van vier, wat ons by die pragtige PicardiPlace in Rawsonville afgeneem het.

Dié tafel-inspirasie is afgeneem tussen die mooiste perskebome PicardiPlace en is ideaal vir ‘n klein troue of ‘n familie-ete die middag vóór die troue om almal aan mekaar voor te stel.  Op watter manier jy dit wil gebruik maak nie saak nie; dit is ‘n maklike tafel om bymekaar te sit.

Ons het groen op groen met glas gemeng om te wys hoe maklik dit is om ‘n mooi tafel inspirasie bymekaar te sit vir jou spesiale dag.  Jy hoef nie baie geld uit te gee om ‘n sprokies troue te hê nie.  Jy kan dit maklik en mooi doen met alledaagse goed wat jy uit jou eie tuin kan haal.

PicardiPlace is die ideale plek, in die Rawsonville omgewing, waar gaste hul middag ete kan geniet met ‘n pragtige uitsig, sommer so tussen die wingerde of  tussen olyfbome.

Die hoof doel van hierdie tafel was om dit maklik te maak vir enige iemand om te doen, deur die versiering eenvoudig te hou.

Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001

Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Picardi Place - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007

Diensverskaffers: