Prentjie mooi skryfbehoeftes

Die skryfbehoeftes op vandag se inskrywing het ons harte by Mooi Troues met die eerste oog opslag gesteel en is beslis een van ons gunsteling ontwerpe.  Dit wil voorkom asof die illustrasies met die hand geskets is en maak hierdie ontwerp net meer spesiaal, omdat dit só persoonlik is.  Die gebruik van die illustrasies, soos harte, die klein kerk en die bruid en bruidegom verfraai die skryfbehoeftes geweldig baie.  Hierdie ontwerp is beskikbaar by Invitation Gallery en is maar net een van vele meer ontwerpe wat hulle bied.


Invitation Gallery - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001