Ontmoet White Kite Studio

White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001

Ons is baie opgewonde om Anzel van White Kite Studio aan ons lesers voor te stel. White Kite Studio is ‘n ontwerp maatskappy geleë in Gauteng, maar stel hul dienste beskikbaar aan kliënte reg oor die wêreld. Hulle fokus nie alleenlik op die ontwerp van skryfbehoeftes vir troues nie, maar ook handelsmerke.

 White Kite Studio is ook die nuutste lid van ons Gauteng span en ons is baie trots om van hulle werk met julle te deel op Mooi Troues.

Lees gerus ons onderhoud met Anzel.

White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002

Wanneer het White Kite Studio onstaan?

Alhoewel “White Kite Studio” eintlik eers aan die begin van 2014 ‘n naam en ‘n webtuiste gekry het, was dit eintlik al ‘n kantlyn werk vir my van 2011 af. Ek het gewerk as ‘n ontwerper/kuns direkteur in advertensiewese deur dag, maar my werklike passie was om mooi skryfbehoeftes te maak vir verliefde paartjies en spogerige handelsmerke vir klein kreatiewe besighede. Ek het eers aan die einde van 2013 genoeg moed bymekaar geskraap om my passie ‘n voltydse werk te maak. En hier is ek nou!

Is daar enige rede vir dié spesifieke naam van die besigheid?

Ja, beslis. Die idee om hierdie besigheid te begin, het vir die eerste keer kop uitgesteek in 2012 toe ek my eie troue se skryfbehoeftes ontwerp het. Ons troudag was by Gabrielskloof in die Wes-Kaap, en die wind was iets uit die boeke. Almal se hare was deurmekaar gewaai en al ons beligting was byna binneland toe. Al daai wind het die woord “kite” geïnspireer. Omdat my besigheid ook baie met papier te doen het, het dit my ook aan ‘n “paper kite” laat dink. Wit is eenvoudig my gunsteling kleur, en ook die kleur van ‘n troue (of eerder die rok).

White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 

Wat laat jou glimlag?

Die grootste rede waarom ek hierdie werk doen, is omdat dit ander mense gelukkig maak, en dít maak my gelukkig. Daar is niks beter as om met ‘n opgewonde paartjie te sit en mooi idees uit te dink vir hulle troudag nie. En dan is dit die wonderlikste belonging om ‘n epos te ontvang van ‘n ekstatiese bruid net nadat sy haar White Kite Studio pakkie oopgemaak het. Dit sorg elke keer vir ‘n glimlag.

 

Beskryf jou ontwerp styl

Ek dink “skoon” is die beste woord. Perfek gepoleerde ontwerpe, wat inligting in ‘n verstaanbare hiërargie rangskik, en die tema in ‘n elegante manier opsom is my gunsteling tipe werk.

Wat ontwerp jy?

Ek ontwerp en produseer alle skryfbehoeftes wat mens moontlik in gedagte kan hê vir ‘n troue. Van troue webtuistes tot fisiese uitnodiging en alle ander papier elemente wat gaste ‘n unieke ondervinding van ‘n troue kan gee. Ek ontwerp ook handelsmerke vir klein kreatiewe besighede in die trou-, mode- en skoonheidsindustrieë. Ek bied ook kuns direkteurwerk/stilerings dienste vir konseptuele fotosessies, eenvoudig omdat dit my werk was voor ek White Kite Studio begin het, en ek steeds ‘n passie het vir groot idees.

White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015 White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016 

Bied jy ook dienste vir kliënte in die buiteland?

Absoluut. Ek praat met bruide al die pad van Holland tot in Abu Dhabi en Kaapstad. Gelukkig is die aard van my besigheid só dat epos, Skype en koerierdienste omtrent alles moontlik maak.

Hoe kan ons lesers jou kontak?

Hulle kan my epos by info@whitekitestudio.co.za of deur die kontakvorm op my webtuiste www.whitekitestudio.co.za. White Kite Studio is ook op sosiale netwerke sodat jy op hoogte kan bly van alle nuwe verwikkelinge.

www.facebook.com/whitekitestudio

www.twitter.com/WhiteKiteStudio

  • www.pinterest.com/whitekitestudio

White Kite Studio - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017

in post diensverskaffers