Ontmoet Adele & Lourens

Adele en Lourens het in matriek ontmoet, by die Durbanville Kuns Kaffee, waar hul gemeenskaplike vriende se “band” opgetree het. Dit was liefde met die eerste oogopslag.

Volgens Lourens is Adele op haar mooiste wanneer sy kwaad raak. Die feit dat passie vir haar baie belangrik is in die lewe, is vir hom net so aantreklik. Hulle gunsteling plekke om te besoek is oulike, klein plekkies wat gaste lekker kos en koffie kan bied.

Die paartjie is sowaar ‘n voorbeeld van ware liefde. Albei geniet ook graag “craft” bier, omrede Beerhouse in Lang Straat, Kaapstad een van hulle gunsteling uithang plekke is.

Kan jy glo Adele het die foto’s self geneem? Vir die van julle wat nie Adele Kloppers ken nie, gaan loer gerus na haar werk. Sy is ‘n fantastiese fotograaf en so talentvol dat sy haar eie fotosessie van haar en Lourens kon afneem.


 Adele & Lourens_0002 Adele & Lourens_0003 Adele & Lourens_0004 Adele & Lourens_0005 Adele & Lourens_0006 Adele & Lourens_0007 Adele & Lourens_0008 Adele & Lourens_0009 Adele & Lourens_0010 Adele & Lourens_0011 Adele & Lourens_0012 Adele & Lourens_0013 Adele & Lourens_0014


Diensverskaffers:

Fotograaf: Adele Kloppers