Ons gesels met Anli Wahl

Vandag stel ons Anli Wahl aan ons lesers voor. Dié talentvolle  bloemis van Kaapstad het in 2007 deeltyds vir haarself begin werk en teen 2013 die groot stap geneem om haar besigheid voltyds te bestuur.

Anli se rangskikkings is van só aard dat sy die aandag van die mense in die televisie industrie getrek het en haar werk nou op die Expresso Morning Show op SABC 3 te sien is.  Günther, van Mooi Troues, was dadelik versot op Anli se rangskikkings nadat hy haar die eerste keer ontmoet het.

Anli vertel ons bietjie hoe haar passie vir blomme begin het: “My ouma het haar hele lewe altyd blomme vir funksies en troues gedoen, so ek onthou haar tuin was ‘n lushof en haar huis altyd vol vars blomme.  Die gogga het my egter eers gebyt (of die familie-geen het eers in geskop?) terwyl ek in Londen gewerk het in 1999 en 2000 en altyd verby die mooiste bloemiste geloop het op pad werk toe.

Dis asof iets in my ‘wakker geword het’, iets wat ek nie kon keer nie. Ek het later vir my Jane Packer en Paula Pryke (twee bekende Britse bloemiste) se boeke gekoop en was op daardie stadium baie geïnspireer deur hulle werk. Ek onthou ek het nog ‘n paar klein blompotjies gekoop vir ons piepklein woonstelletjie en gereeld geëksperimenteer met enige ‘vreemd en wonderlik’ blomme waarop ek my hande kon lê, of kon bekostig.  Terug in SA het ek ‘n basiese kursus in blomme-rangskikking gedoen en daarna ‘n paar keer vir Okasie in Stellenbosch gehelp met troues en funksies en ontsettend baie geleer by hulle. Hulle werk en passie vir blomme inspireer my tot vandag toe! “

Anli doen ook gereeld die bekende Secret Shoots in samewerking met Adene Photography waar sy dan haar kreatiwiteit 100% kan uitleef sonder enige beperkings. As jy opsoek is na ‘n bloemis wat haar passie volg en dit nie net sien as ‘n werk nie dan moet jy definitief gaan inloer by Anli Wahl.

anli wahl blomme_0003anli wahl blomme_0004anli wahl blomme_0005anli wahl blomme_0006anli wahl blomme_0007anli wahl blomme_0008anli wahl blomme_0009anli wahl blomme_0010anli wahl blomme_0011anli wahl blomme_0012anli wahl blomme_0013anli wahl blomme_0014anli wahl blomme_0015anli wahl blomme_0016anli wahl blomme_0017anli wahl blomme_0018anli wahl blomme_0019anli wahl blomme_0020anli wahl blomme_0021

Foto’s verskaf deur Anli Wahl