Vintage borspelde is weer mode

toni en gerbrand verloof_0020


Borsspelde is definitief nie iets van die verlede nie, maar het na jare weer terug in die mode gekom. So as jou ouma of ma nog ‘n ou vintage borsspeld in die juweel kussie het sal jy dit definitief moet gaan uithaal en dra. Jy hoef die nie noodwendig te dra as jy ‘n bruid is nie, maar ook as jy ‘n gas is by ‘n deftige troue.  Borsspelde gee ‘n tiepe formaliteit aan jou kleredrag, maak nie saak wat jy dra nie. Jy kan altyd ‘n ou borsspeld bietjie oppof met ‘n kleurvolle lintjie. Onder is ‘n bietjie inspirasie hoe om jou ou borsspeld ‘n nuwe lewe en betekenis te gee.