Ons gesels met Riaan West

riaan vd westhuizen_0001


Ons gesels vandag met Riaan Van Der Westhuizen, die fotograaf wat  verantwoordelik gaan wees vir die foto’s van die Landtscap en Mooi Troues bruidstee

Riaan fokus daarop om individue se gesigsuitdrukkings en emosies in sy foto’s vas te vang. Hy kry baie die geleentheid om hierdié soort foto’s af te neem, deur gereeld die fotograaf te wees by troues. Dit is vir hom belangrik om sy fokuspunt in die blyk van die oomblik te vang, omdat dit só natuurlik is.

Wanneer Riaan homself agter die kamera vind is hy opsoek na iets anders as die norm, anders as die gewone soen en poseerde foto’s. Volgens hom is “…dit baie mooier as ‘n paartjie mekaar geniet en lekker hard lag…”

Riaan se beste raad is dat die fotograaf baie bewus moet wees van wat in die omgewing om hom of haar aangaan, om só die beste resultate te kan vang:


 riaan vd westhuizen_0002 riaan vd westhuizen_0003 riaan vd westhuizen_0004 riaan vd westhuizen_0005 riaan vd westhuizen_0006 riaan vd westhuizen_0007 riaan vd westhuizen_0008 riaan vd westhuizen_0009


Krediet:

Fotograaf: Riaan West