Ons gesels met Landtscap

Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley


Landtscap, geleë in die beeldskone Devon Vallei is die ideale plek wat gebruik kan word vir troues en konferensies. Hierdié moderne onthaal area is bo-op ‘n koppie gebou wat spog met ‘n 270 grade uitsig oor die wynlande. Die spasie wat Landtscap bied, soos ‘n houtdek, groot grasperk en ruim onthaalarea, maak dit ideaal vir verskeie geleenthede.

Die onthaalarea kan ongeveer 160 gaste akkomodeer, maar kan ook vir kleiner groepe van 80-120 individue gebruik word, deur die gebruik van wit skuifdeure om die spasie te verminder.


 

landtscap_0002 Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley landtscap_0004 Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley landtscap_0008


 

Eikehout tafels word verskaf vir geleenthede en dra by tot die estetiese waarde van Landtscap. ‘n keuse van stoele is wel beskikbaar en verskeie meubelstukke kan gebruik word om intieme sit areas te vorm, hetsy voor die knetterende kaggel in winter, of op die houtdek onder die sterre.

Alhoewel volledige koördinering nie beskikbaar is nie, sal die gesoute Landtscap span sorg dat enige geleentheid vlot verloop, dat alle bediening van spys en drank sorgeloos is, en sal selfs ‘n ogie hou oor die rangskikking van tafels en dékor. Ingesluit by alle pakette is die versameling hout tafels, stoele, breekware, messegoed en elegante wyn/water glase.


 

landtscap_0009 landtscap_0010 Landtscap Launch, Landtscap Venue, New Venue, Devon Valley Venue, Devon Valley, Landtscap Devon Valley, Wedding Venue, New Wedding Venue Stellenbosch,New Wedding Venue Devon Valley landtscap_0012


 

Landtscap se bekwame sjefs kook uit die hart en gebruik slegs hoë kwaliteit, plaaslike produkte, en neem ten alle tye die omgewing in ag. Omgewingsbewustheid is ‘n essensiële deel van die Landtscap filosofie, asook die opbou van nabygeleë plaasgemeenskappe, wat baat by die dag-tot-dag aktiwiteite by Landtscap. Kliënte het ‘n wye keuse van spyskaarte wat elke begroting en smaak pas. Kosher en Halaal spyseniering kan op aanvraag gereël word, die span het ‘n lys van betroubare spyseniers in die area.


 

landtscap_0013 landtscap_0014 landtscap_0015 landtscap_0016


Verskeie soorte funksies en troues is moontlik by Landtscap vir die verbeeldingryke kliënt. Van ons gunsteling opsies:

Piekniek troues wat buite op die gras gehou word. Hierdié informele en intieme opsie is ideaal vir kleiner groepe. Komberse en sit areas kan oor die gras versprei word, met beligting in die groot boom vir later die aand. Gaste word betower deur die pragtige uitsig en sonsondergang.

Winter troues raak al hoe meer gewild en Landtscap is hiervoor uitgeknip. Hier sorg hulle vir ‘n kaggel wat die hele onthaal area met hitte voorsien, en met goeie wyn, kerslig en goeie vriende, sal dit ‘n aand wees wat niemand kan vergeet nie.

Meeste paartjies verkies hul somer troues, waar die seremonie buite op die gras plaasvind, gevolg deur drankies en braai-geïnspireerde happies. Die groot glas deure skuif oop, so gaste kan gemaklik rondbeweeg deur die aand en wat beter as om die maan te sien opkom agter Simonsberg. Nie net is dié onthaal area geskik vir troues nie, maar bied ons ook ‘High Tea’ pakette aan vir kleiner groepe, ideaal vir kombuistee’s of dames-oggende.


 

 

landtscap_0017 landtscap_0018


Kliek hier om na Landtscap se webtuiste te gaan.

Foto Krediet: Foto's verskaf deur Landtscap