Hoede is mode

poetry hoedens_0000


Somer is om die draai, wat beteken dit is tyd om al jou ouma se hoede uit die kas te pluk. Die ander opsie is om eenvoudig na jou naaste Poetry winkel te gaan en ‘n hoed vir jou te koop.

Hoede is goeie bykomstighede vir somer troues wat gedurende die oggend of middag plaasvind. Hierdié bykomstighede is nie net klassiek nie, maar sinoniem met vroulikheid en ‘n lekker manier om jou keuse van styl uit te beeld.

Poetry het tans ‘n pragtige reeks hoede beskikbaar by hul winkels, landwyd. Ons het ‘n klein inspirasie bord van Poetry se hoede bymekaar gesit om jou ‘n idee te gee van wat hulle beskikbaar het soos per hulle webtuiste.


Foto Krediet: Poetry webtuiste