Ons gesels met Someday Soon

somedaysoon_0006


Someday Soon Weddings & Events is sonder twyfel die toegewydste en gretigste trou- en funksie koordinerings span ooit. Hul missie is om unieke en intieme troues te skep, ongeag wat die begroting en grootte van die troue is, asook om elke kliënt se verwagtinge te oortref met persoonlike diens van dag een af.

Marle en Willem, die gesigte agter Someday Soon, se grootste droom is om ‘n etiese maatskappy te bestuur waar bruidspaartjies regtig veilig voel om hul grootste dag in iemand anders se hande te plaas. Met hierdie groot eer kom daar wel groot verantwoorlikheid, maar met jare se gekombineerde  ondervinding in die trou- ; finansiele en korporatiewe industrie, kan hul kliente verseker word van professionele diens, sonder dat die persoonlike ‘touch’ verlore gaan.

Marle, hoofsaaklik in beheer van die beplanning van die troues en funksies, reken die rede waarom hul nuutgevonde besigheid so vinnig vlam gevat het, is omdat hulle bereid is om daai ekstra bietjie moeite vir kliënte te doen en gefokus bly om nie slegs aan die behoeftes van hul kliënte te voldoen nie, maar te oortref op elke gebied.  Willem is weer in beheer van die finansiële beplanning sowel as die meer logistieke afdelings van die besigheid. Met twee sulke verskillende persoonlikhede en talente maak hul dus die perfekte span.


 

somedaysoon_0007 somedaysoon_0008 somedaysoon_0009


Daar is drie verskillende pakkette wat aangebied word, alhoewel daar ook die opsie is om ‘n pakket aan te pas sodat dit 100 % aan die paartjie se trou-behoeftes voldoen.  Die een-dag pakket is ontwerp vir paartjies wat slegs op hul troudag die hulp van ‘n koordineerder benodig.  Op die groot dag is Someday Soon nie slegs daar om die koördinering van die verskaffers en die tydskedule te behartig nie, maar ook om seker te maak dat die amper-getroudes die dag ten volle geniet – en nie een oomblik angstig is oor wat agter die skerms gebeur nie.

Die volle pakket is beskikbaar vir troues en funksies soos verjaarsdae (21’stes; 60’stes; ens.); jaar-eind funksies; bekendstellings (launches) en ander korporatiewe geleenthede.  Someday Soon is in beheer van al die koördinering reg van die begin af tot die funksie plaasvind.  Elke kliënt word toegerus met n pas-gemaakte begroting, ‘n tydlyn wat aandui wat in die maande voor die funksie gebeur, ‘n “mood board” en ook ‘n gedetaileerde aksie lys vir die dag van die troue/funksie.

Dis maklik om te sien dat kwaliteit, kreatiwiteit en intiemheid  hul eerste priotiteit by elke troue is – mens kan met ‘n geruste hart glo as hul sê hul waarborg dat elke paartjie ‘n ongelooflike troudag sal hê, sonder enige hindernisse.

 Foto Krediet: Foto’s verskaf deur Someday Soon


 

somedaysoon_0010