Blou delf somer troue Inspirasie

Artikel Leipzig Blou_0001


Mooi Troues wys vandag vir ons volgers ‘n blou delf geïnspireerde troue, gestileer deur Izette Carinus by Leipzig Country House & Conference Centre. Vars kleure soos groen en blou is ideaal vir ‘n somer dag-troue wat buite plaasvind.

‘n Informele gevoel word beklemtoon deur gebruik te maak van eetgerei wat verskil en dus nie eenvormigheid toon nie, alhoewel die idee van heimwee geskep word met die teenwoordigheid van die delf patrone. Die gebruik van Wimbledon stoele in ‘n aardse kleur, anders as die gewone wit stoele, sorg dat die fokus op die tafel se versierings gevestig is en nie die dekorasie oordonder nie.

Dankie aan Christine W Photography vir die pragtige foto’s.


Artikel Leipzig Blou_0002Artikel Leipzig Blou_0003Artikel Leipzig Blou_0004


Diensverskaffers: