Ons gesels met Adore Me


MOOI Troues gesels vandag met Simoné Roelofse, stigter en eienaar van Adore Me. Die idee vir die besigheid het in 2011 onstaan toe Simoné as deel van ‘n taak  vir kollege aan ‘n besigheidsidee moes dink.

Die besigheid bestaan rondom die prinsiep dat elke persoon van die gevoel hou om vereer te word. Adore Me is gevestig in Kaapstad en ontwerp trouerokke, rokke vir strooimeisies en rokke vir ander spesiale geleenthede. Dié besigheid voorsien hul kliënte met die allerbeste gehalte produkte en diens.

Lees gerus ons onderhoud met Simoné hier onder.


adoreme_0005


Hoe het Adore Me ontstaan?

Adore Me het in 2011 ontstaan, oorspronklik as ‘n kollege taak waar ons ‘n besigheid moes ‘stig.’ Die naam was geïnspireer deur die feit dat elke persoon die behoefte het om ‘lief gehê’ te voel en erken te word as individu. Volgens die woordeboek beteken ‘adore’ die volgende: “to like or admire very much.”

Kort voor lank was die jaar amper verby en daar was geen vooruitsigte van ‘n vaste werk nie. Alhoewel ek altyd gedink het ek iewers in die mode-bedryf sal werk, was ek nie seker waar ek behoort het nie (en om eerlik te wees, die gedagte van elke dag so vroeg op te staan en in verkeer te sit, het nie juis my planne aangehelp nie).

‘n Geleentheid het op my pad gekom om saam met ‘n mede- student ‘n matriekafskeid rok te maak, wat later ‘n vennootskap gevorm het. Ongelukkig het die vennootskap kort daarna ontbind maar Adore Me het bly groei en vorentoe beweeg.

Vandag bied ons dames net die pragtigste rokke en beste diens.


 

adoreme_0001
adoreme_0002

Wat presies doen Adore Me en watse styl rokke doen julle?

Adore Me bied ‘n diens wat ander besighede nie sommer bied nie; ons maak elke rok van niks af en  glo in waarde vir geld. Dit is waarom ons dit verkies om hierdié proses te volg, só gee ons vir kliënte die geleentheid om saam met die ontwerper te werk en hul droom-rok te visualiseer. Op dié manier verseker ons dat kliënte dít kry wat hulle wil hê, ook dat die styl van die rok by hulle pas en hul voorkoms ten volle komplimenteer.

Elke patroon word vir ‘n spesifieke kliënt gemaak, omdat geen twee persone dieselfde is nie. Van daar word ‘n “mock” rok gemaak, om te verseker dat die snit net reg pas. En eers dan word die finale rok gemaak – dié proses is vir bruide spesiaal, omdat hulle deel vorm van die transformasie.

Daar is nie ‘n spesifieke styl rok wat Adore Me maak nie, omdat elke vrou haar eie idee het van wat sy graag wil hê.

Ons is ook in die proses om uit te brei, deur ander dienste by te voeg, so wees op die uitkyk daarvoor!


 

adoreme_0003

Wat maak jou rokke anders?
Elke rok wat Adore Me aanpak het ‘n ietsie spesiaals aan hom. Ons hou daarvan om met kant en materiale wat sag voorkom te
werk, en veral detail op die rug te wys. Ons probeer om elke rok die ‘wow factor’ te gee, deur ‘n element by te voeg wat ‘n mens
nie noodwendig sou verwag nie. Die kleinste klein details maak vir ons saak, en dit wys in die eind produk. Ons maak nie slegs
trourokke nie, maar ook strooimeisie rokke, asook rokke vir spesiale geleenthede.


adoreme_0004

Watse tipe bruid sal jou rokke wil koop?
Omdat ons lief is daarvoor om met kant te werk, vind ons dat baie bruide by ons aanklop wat ‘n ‘vintage’ troue beplan. Hoewel dit
die mees populêre bruide is by ons, sê ons altyd, Adore Me is vir die bruid wat ‘n rok net so uniek soos sy wil hê.

Maak jy elke rok van niks af nie?
Ja, al ons rokke word van niks af gemaak, spesiaal vir elke kliënt wat by ons aanklop.


adoreme_0006


Diensverskaffers:

Foto Krediet: Foto’s verskaf deur Adore Me