Tyger Vallei Trou Skou

Tyger Vallei se jaarlikse  trou skou is amper weer hier en het baie inspirerende en mooi goed om aan toekomstige bruide te bied sodat hulle die perfekte trou dag kan beplan. Vanaf Donderdag 29 Augustus tot Sondag 1 September 2013 kan toekomstige trou paartjies rondloop en advies en inspirasie in neem vir die beplanning van hulle groot dag. Daar is ook ‘n groot prys vir een gelukkige paartjie om ‘n troue te wen teenwaarde van net so oor die R 250 000. Van die borge sluit in:Ashanti Estate, Jagadi Couture, House & Home, Lizzy Photography, Roux Du Preez Designs, Laborie,Quarters Hotel Hermanus, Moments2Media, Artisan Dance & Fitness Studio, Shaniqua Arts en By Invitation Only. Een gelukkige verloofde paartjie staan die kans om die prys te wen en kan inskryf gedurende die uitstalling periode. Inskrywing vorms kan verkry word by die inligting sentrum en al die borge se stalletjies in die Truworths hof op die grondvloer. Terme en Voorwaardes tel.

banner-advert-vir-tygervallei

Die skouspelagtige Tyger Vallei trou skou is ‘n een-stop trou skou met oor die 100 professionele diensverskaffers wat elke een hulle professionele advies en wonderlike idees met jou sal deel. Paartjies sal die geleentheid hê om notas te kan maak om hulle besluite te vergemaklik en dat hulle seker kan wees hulle maak die regte besluite vir hulle groot dag. Daar is geen toegangsfooi nie en begin vanaf 9 am tot 8 pm van Donderdag tot Saterdag en tot 4:30 pm op die Sondag en bied vele vermaak.  

Vir meer inligting kontak die organiseerders, Cheryl Wade Events op 021 914 2585, 083 456 2879 of cheryl@cwe.co.za as jy wil deel wees van die trou uitstalling en additionele informasie benodig.